Nikkel-60

Nikkel-60 (Chemiese notasie: 6028Ni) is 'n stabiele isotoop van nikkel. Dit verteenwoordig ruim 'n kwart van die element in sy natuurlike elementsamestelling.

Eienskappe

Algemeen

NaamNikkel-60 
 
Protone28 
Neutrone32 
Kernspin0+[1] 
Massa-oorskot-64472,1 keV[1] 

Status

Statusstabiel[1] 
Relatiewe voorkoms26,2231%[1]  

Navigasie

5928Ni
5927Co6028Ni
6027Co6128Ni
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika

KMR

Hierdie nuklied het 'n kernspin I=0 en is nie KMR-aktief nie.

Opgewekte isomere

Die kobalt-60-nuklied verval na nikkel-60, maar aanvanklik ontstaan twee opgewekte toestand hiervan wat verval na die grondtoestand onder emissie van twee harde γ-kwanta.[2]

Isotoopverhoudings

Die studie van isotoopverhouding soos tussen 60Ni en 58Ni is taamlik nuut (sedert omtrent 2009). Daar is dalk sowel biologiese as anorganiese prosesse (soos metanogenese en sulfiedvorming) wat tot massa-afhanklike fraksionering kan lei. In hulle navorsing in die Swartsee het Vance et al. waardes van δ60Ni waargeneem wat wissel van ongeveer 1,00 aan die oppervlakte van die waterkolom tot 0,6 op 100 meter diepte en 2,0 op 2000 meter diepte.[3]

In meteoriete kan ook afwykings van die δ60Ni-waardes waargeneem word, maar dit het 'n ander oorsaak. Nikkel-60 is die vervalproduk van die uitgestorwe oerisotoop yster-60. Hierdie afwykings kan gebruik word om die ouderdom van meteoriete te bepaal. [4]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.