Nieuwoudtville
Nieuwoudtville is 'n klein dorp in die Noord-Kaap, in Suid-Afrika. Die dorp is in 1897 deur die Nieuwoudt familie gestig. Die Nieuwoudtvillewaterval is naby die dorp terwyl die Vanrhynspas net wes van die dorp op die R27-provinsiale pad is.
Nieuwoudtville | |
---|---|
![]() NG Kerk Nieuwoudtville | |
![]() ![]() Nieuwoudtville ![]() | |
Koördinate: 31°22′S 19°6′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Hantam |
Stigting | 1897 |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,26 km2 (10,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 093 |
• Digtheid | 80/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.2% |
• Indiërs/Asiërs | 1.6% |
• Bruin mense | 80.6% |
• Swart mense | 9.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 95.1% |
• Engels | 3.1% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 8180 |
Skakelkode | 027 |
![](../I/NG_kerk_Nieuwoudtville.jpg.webp)
Geskiedenis
Die dorp het ontstaan in 1897 toe die NG Kerk 'n nuwe gemeente hier gestig het op grond wat van die Nieuwoudt broers gekoop is. Sommige van die oorspronklike geboue van die broers het behoue gebly op die oewers van die Groenrivier.
Omgewing
Skaapsboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit in die distrik terwyl koring en rooibostee ook belangrik is. Die Nieuwoudtville-veldblomreservaat van 115 ha is in 1974 gestig om die meer as 300 spesies inheemse blomme te bewaar. Die Oorlogskloof-natuurreservaat is 20 km suid van die dorp.
Fotogalery
- Die Vanrhynspas
- Die Nieuwoudtville-waterval
- Nieuwoudtville-waterval
- Euphorbia mauritanica naby die Nieuwoudtville-waterval
Bronne
- Dr. Willem Petrus Steenkamp
- Ds. Christie Neethling
- B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Eric Rosenthal: Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967.
Verwysings
- "Hoofplek Nieuwoudtville". Sensus 2011.