Nieu-Guelderland

Nieu-Guelderland is 'n klein dorpie aan die noordkus van Kwazulu-Natal in Suid-Afrika en is 16 km noord van KwaDukuza.

Nieu-Guelderland
Nieu-Guelderland is in KwaZulu-Natal
Nieu-Guelderland
Nieu-Guelderland
 Nieu-Guelderland se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°19′S 31°20′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikiLembe
MunisipaliteitKwaDukuza
Stigting1859

Geskiedenis

Die dorp is in 1859 deur Theodorus Colenbrander gestig. Die naam is afgelei van die Nederlandse provinsie Gelderland.

Colenbrander het 'n groep van 80 Nederlandse immigrante na die Britse Kroonkolonie van Natal gebring. Hy het hier 'n landbounedersetting begin wat na sy provinsie van herkoms in Holland vernoem is. Die aankomelinge is in 'n groot gebou langs 'n suikermeule gehuisves.[1]

Omdat KwaDukuza so vinnig gegroei het, het Nieu-Guelderland begin kwyn - veral na 1910.

Sien ook

Bron

  • Ploeger, Jan: 1858 Nederlanders en Nieuw-Gelderland. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 3, Maart 1974.
  • Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4

Verwysings

  1. Byeways and Battlefields Geargiveer 27 September 2006 op Wayback Machine North Coast Geargiveer 27 September 2006 op Wayback Machine, Besoek op 4 Februarie 2007
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.