Nicolas Sarkozy
Nicolas Sarkozy (uitgesproke as [nikɔˈla saʁkɔˈzi]) (Parys, 28 Januarie 1955), met volle naam Nicolas Pál Stéphane Sárközy de Nagy-Bocsa, was die president van Frankryk vanaf 16 Mei 2007 tot 15 Mei 2012.
Nicolas Sarkozy | |
Ampstermyn 16 Mei 2007 – 15 Mei 2012 | |
Eerste minister | François Fillon |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jacques Chirac |
Opgevolg deur | François Hollande |
Mede-Prins van Andorra | |
Ampstermyn 16 Mei 2007 – 15 Mei 2012 | |
Eerste minister | Albert Pintat Jaume Bartumeu Pere López Agràs (waarnemend) Antoni Martí |
Voorafgegaan deur | Jacques Chirac |
Opgevolg deur | François Hollande |
Minister van Binnelandse Sake | |
Ampstermyn 2 Junie 2005 – 26 Maart 2007 | |
Eerste minister | Dominique de Villepin |
Voorafgegaan deur | Dominique de Villepin |
Opgevolg deur | François Baroin |
Ampstermyn 7 Mei 2002 – 30 Maart 2004 | |
Eerste minister | Jean-Pierre Raffarin |
Voorafgegaan deur | Daniel Vaillant |
Opgevolg deur | Dominique de Villepin |
President van die Union pour un Mouvement Populaire | |
Ampstermyn 28 November 2004 – 14 Mei 2007 | |
Vise | Jean-Claude Gaudin |
Voorafgegaan deur | Jean-Claude Gaudin (waarnemend) |
Opgevolg deur | Jean-Claude Gaudin (waarnemend) |
President van die Algemene Raad van Hauts-de-Seine | |
Ampstermyn 1 April 2004 – 14 Mei 2007 | |
Voorafgegaan deur | Charles Pasqua |
Opgevolg deur | Patrick Devedjian |
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 31 Maart 2004 – 29 November 2004 | |
Eerste minister | Jean-Pierre Raffarin |
Voorafgegaan deur | Francis Mer |
Opgevolg deur | Hervé Gaymard |
Minister van Budget | |
Ampstermyn 30 Maart 1993 – 11 Mei 1995 | |
Eerste minister | Édouard Balladur |
Voorafgegaan deur | Michel Charasse |
Opgevolg deur | François d'Aubert |
Burgemeester van Neuilly-sur-Seine | |
Ampstermyn 14 April 1983 – 7 Mei 2002 | |
Voorafgegaan deur | Achille Peretti |
Opgevolg deur | Louis-Charles Bary |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 28 Januarie 1955 Parys, Frankryk |
Politieke party | Union pour un Mouvement Populaire (sedert 2002) Rassemblement pour la République (tot 2002) |
Eggenoot/-note | Marie-Dominique Culioli (1982–1996) Cécilia Ciganer-Albéniz (1996–2007) Carla Bruni(2008–hede) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Parys Wes-Universiteit Institut d'Études Politiques de Paris |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Nicolas Sarkozy is die seun van 'n adellike Hongaarse immigrant en 'n Griekse moeder. Sarkozy het na sy studies in Politieke Wetenskappe en Publieke Reg 'n loopbaan as advokaat begin. Sedert 28 November 2004 is hy die voorsitter van Frankryk se grootste konserwatief-burgerlike party Union pour un Mouvement Populaire (UMP), wat in 1976 onder die naam Rassemblement pour la République (RPR) deur Jacques Chirac gestig is.
In die regering van die Eerste Minister Dominique de Villepin het hy die amp van Minister van Binnelandse Sake beklee en daarnaas ook die eretitel "Staatsminister" gedra. Hy was die derde magtigste man in die land na die Staatspresident Jacques Chirac en die eerste minister.
Franse presidentsverkiesing in 2007
In die eerste stemming van die Franse presidentsverkiesing op 21 en 22 April 2007 het Sarkozy met 31,18 persent van die uitgebragte stemme die beste resultaat behaal. Sy teenstander in die herstemming op 6 Mei was die Sosialistiese kandidaat Ségolène Royal (25,87 persent), wat hy uiteindelik met 53 persent van die uitgebragte stemme geklop het. Royal het self 43 persent van die stemme op haar verenig.
Sarkozy is 'n voorstander van nouer politieke bande met die Verenigde State en het om verskoning gevra vir Franse opposisie teen die oorlog in Irak. Hy is gekant teen Turkye se volle lidmaatskap van die Europese Unie en stel voor dat dié land eerder 'n bevoorregte vennootskap met die EU moet aangaan.
Afkoms
Sarkozy se vader kom uit 'n adellike Hongaarse familie (Sárközy de Nagybócsa, in Hongaarse spelling: nagybócsai Sárközy) wat in Alattyán (sowat 100 kilometer suid-oos van Boedapest) oor 'n kasteel en landbesit beskik het. Voor die intog van die Rooi Leër in Hongarye het hy deur Oostenryk na Duitsland gevlug. Ná die oorlog het hy by die Franse Vreemdelegioen aangesluit en sy tyd as rekruut in Sidi bel Abbès (Frans-Algerië) deurgebring. Hy sou daarna oorspronklik na Indosjina verplaas word, maar het weens mediese ongeskiktheid sy ontslag gekry en hom in 1948 in Marseille gevestig. 1949 het hy in Parys Andrée Mallah ontmoet.
Sarkozy se moeder is 'n afstammeling van Sefardiese Jode uit Thessaloniki (Noord-Griekeland). Sarkozy se groot-grootvader was Mordechai Mallah, 'n welvarende juwelier. Saam met sy vrou Reina het Mordechai sewe kinders gehad. Aaron Benico Mallah - Sarkozy se grootvader - was die egpaar se jongste kind. In 1917 het hy met die Rooms-Katolieke Adel Bovier getrou en hom na die Christendom bekeer. Die egpaar het twee dogters gehad, Suzanne en Andrée.
Politieke loopbaan
Algemene karaktertrekke en politieke opvattings
Nicolas Sarkozy word deur sy politieke aanhangers en teenstanders as 'n uitstekende redenaar en bekwame, hardwerkende politikus beskou wat die ingrypende sosiale en ekonomiese hervormings sal bewerkstellig wat in Frankryk tot dusver meestal uitgestel is. Hy is 'n voorstander van vernuwing en sal moontlik wegbeweeg van tradisionele Franse grondbeginsels, moontlik in die rigting van 'n Amerikaanse model. Hy is meer simpatiek teenoor die Verenigde State as die meeste ander Franse politici.
Burgemeester
Van 1983 tot 2002 was hy burgemeester van Neuilly-sur-Seine.
Europese Parlement
In 1999 was hy 'n lid van die Europese Parlement gewees.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nicolas Sarkozy.
- Nicolas Sarkozy se private webwerf Geargiveer 9 Mei 2007 op Wayback Machine