Nicholsonse koester
Die Nicholsonse koester (Anthus nicholsoni) is 'n algemene maar gelokaliseerde standvoël[2] wat hoofsaaklik op oop, klipbesaaide heuwelhange in grasveld en savanne voorkom. Die spesie kom een-een of in pare voor en sit dikwels op rotse, struike of bome. Hulle behoort tot 'n spesie-kompleks met 'n uitgestrekte verspreiding in Afrika en Suid-Asië, wat vroeër onder Anthus similis (Engels: long-billed pipit) verenig is. Die Nicholsonse en miombokoesters word nou egter as aparte spesies in hierdie kompleks beskou. Die Nicholsonse koester is feitlik tot Eswatini, Suid-Afrika, Lesotho en Namibië beperk, waar hul verspreiding dié van kliprandjies, koppies en berghange volg, van seevlak tot in die Lesotho-hoogland. Die voël is 19 cm groot en weeg 30 gram. Dit is vernoem na Francis Nicholson (1843-1925), 'n Engelse katoenhandelaar en amateur-ornitoloog wat 'n belangstelling in die Motacillidae gehad het.[3] In Engels staan dit as "Nicholson's pipit" bekend.
Nicholsonse koester | |
---|---|
A. n. petricolus in KwaZulu-Natal | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. nicholsoni |
Binomiale naam | |
Anthus nicholsoni Sharpe, 1884 | |
Sinonieme | |
Agrodroma similis |
Subspesies
Vyf subspesies word erken:[4]
- A. nicholsoni nicholsoni — Noordwes tot benede-Oranjerivier
- A. nicholsoni leucocraspedon Reichenow, 1915 — Khomas-hoogland en omstreke
- A. nicholsoni petricolus Clancey, 1956 — Transvaal, Eswatini, noord-Vrystaat, KwaZulu-Natal, Lesotho-hoogland
- A. nicholsoni palliditinctus Clancey, 1956 — Kaokoveld
- A. nicholsoni primarius Clancey, 1990 — Wes-Kaap, Oos-Kaap en suidelike Noord-Kaap en Vrystaat
Galery
- A. n. petricolus naby Devon, Gauteng
- A. similis decaptus in Indië
- 'n Jongvoël van A. s. similis in Indië
- A. s. similis naby Mysore, Indië
- Eier van A. s. captus
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Anthus similis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Gill, Frank; Donsker, David, reds. (2019). "Waxbills, parrotfinches, munias, whydahs, Olive Warbler, accentors, pipits". World Bird List Version 9.2. International Ornithologists' Union. Besoek op 23 Junie 2019.
- Chittenden, H.; Allan, David; Weiersbye, Ingrid; et al. (2012). Roberts geographic variation of southern African birds. Cape Town: JVBBF. p. 261. ISBN 978-1-920602-00-0.
- Hockey, P.A.R.; Dean, W.R.J.; Ryan, P.G.; et al. (2005). Roberts Birds of Southern Africa (7de uitg.). Kaapstad: Trustees of the John Voelcker Bird Book Fund. pp. 1108–1109. ISBN 0-620-34053-3.
Bronnelys
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1