Nicholas Aylward Vigors

Nicholas Aylward Vigors (1785 - 26 Oktober 1840) was 'n Ierse dierkundige en politikus.[1]

Nicholas Aylward Vigors

Lid van die Britse Parlement
Ampstermyn
1832  1840

Persoonlike besonderhede
Gebore 1785
County Carlow, Ierland
Sterf 26 Oktober 1840
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Britse Weermag
Oorloë/Veldslae Napoleontiese Oorloë
Skildery (olie op doek) van 'n toekan deur Vigors, 1831
Scolopax Sabini, een van die voëlspesies wat hy wetenskaplik beskryf het.

In 1826 was hy 'n stigterslid van die Royal Zoological Society in Londen en hy was dié vereniging se eerste sekretaris tot 1833.[2] Gedurende sy loopbaan het hy ongeveer veertig artikels oor ornitologiese onderwerpe gepubliseer, 'n ongewone nastrewing wat heelwat bespotting van sy politieke teenstanders uitgelok het. Hy was ook 'n lid van die Royal Irish Academy.[1]

Vigors was 'n lid van die parlement van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland vanaf 1832 tot en met sy dood in 1840.[1]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.