Ngwavumarivier
Die Ngwavumarivier (Ingwavumarivier) vloei in Eswatini en KwaZulu-Natal.
Ngwavumarivier | |
---|---|
Stroomgebied | Eswatini → Suid-Afrika |
Oorsprong | Omgewing van Nhlangano, Eswatini |
Monding | KwaZulu-Natal Pongolarivier |
Lengte | 70 km |
Oorsprong-hoogte | 1 160 m |
Monding-hoogte | 34 m |
![]() ![]() Ngwavumarivier |
|
Koördinate: 26°58′0.01″S 32°18′0″O |
Dit ontspring op nagenoeg 1 160 m bo seevlak in die omgewing van Nhlangano in die suidweste van Eswatini (Swaziland) en ongeveer 40 km suidoos van Piet Retief in Mpumalanga. Daarna loop dit ooswaarts verby Nsoko (aan die MR8-hoofpad) en gaan op naastenby 27° 5ˈ suid deur 'n poort in die Lebomboberge. Hierdie poort is noord van die dorp Ingwavuma en die Cecil Mackpas en suid van die Border Cave.
Daarna vloei dit eers oos en daarna noordoos en sluit 13 km van die grens met Mosambiek by die Phongoloriver (Pongolarivier) aan. Die rivier het 'n opvanggebied van effens oor die 2000 km².
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.