Ngqura-hawe

Die Ngqura-hawe is ’n diepwaterhawe aan die ooskus van Suid-Afrika, 20 km noordoos van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth). Konstruksiewerk het in September 2002 ’n aanvang geneem en werksaamhede het in Oktober 2009 begin toe die MSC Catania die eerste handelskip was wat die hawe aandoen.[1][2]

Ngqura-hawe
LandSuid-Afrika
LiggingNelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit
Besonderhede
Soort haweKunsmatig
Ingewy2009 (kommersieel)
2012 (amptelik)
Bestuur deurTransnet
Statistiek
Houers p.j.Ontwerp vir 2 miljoen TEU's
WebtuisteTransnet
Ngqura-hawe is in Oos-Kaap
Ngqura-hawe
Ngqura-hawe
Ligging van die Ngqura-hawe in die Oos-Kaap.
Ngqura-hawe is in Suid-Afrika
Ngqura-hawe
Ngqura-hawe
Ligging van die Ngqura-hawe in Suid-Afrika.

Oorsig

Ngqura is Suid-Afrika se nuutste en diepste houerhawe. Dit is deel van die Coega-nywerheidsontwikkelingsone en vul die land se ouer hawens aan, veral die nabygeleë Port Elizabeth-hawe en die diepwaterhawens van Richardsbaai en Saldanha. Dit is die diepste houerterminaal in Afrika suid van die Sahara en kan die enorme nuwe-generasie-houerskepe hanteer.

Die hoofdoel van die hawe is om goedere vir die streek se groot nywerheidsaanvraag te hanteer. Dit is ook ontwerp as ’n houerhawe wat die druk op ander hawens kan verlig, en as ’n middelpunt vir verskeping hoofsaaklik aan die oos- en weskus van Afrika en vir handelsroetes tussen Suid-Amerika en Asië.

Eienskappe

Die beweging van sand in die hawe word beheer met ’n stelsel wat die eerste in sy soort in Suid-Afrika is. Sand word van die weste- na die oostekant van die hawe en van daar verder gepomp om slik en erosie te beperk.

Die hawe word beskerm deur twee breekwaters met dolosse. Die westelike breekwater is 1,3 km lank en die oostelike een 2,7 km. Die oostelike breekwater is die langste nog in Afrika. Die dolosse wat in die Ngqura-hawe gebruik word, weeg elk 30 ton.

Verwysings

  1. Smit, Petronel (11 Desember 2009). "Deep-water port of Ngqura launched" (in Engels). Engineering News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 9 Maart 2010.
  2. "First ships dock at Port of Ngqura". SouthAfrica.info. 13 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2009. Besoek op 9 Maart 2010.

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.