Netnou hoor die kinders
Netnou hoor die kinders is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1977 uitgereik is. Franz Marx was die regisseur en vervaardiger. Dit is die laaste fliek waarin Gé Korsten verskyn het.
Netnou hoor die kinders | |
---|---|
Regisseur | Franz Marx |
Met | Rika Sennett Magda Beukes Wilna Snyman |
Uitgereik | 1977 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n gruwelrolprent. Dit dra 'n ouderdomsperk van 13-jaar. Ouerleiding word aanbeveel.
Hoofrolspelers
- Rika Sennett
- Magda Beukes
- Wilna Snyman
- Hermien Dommisse
- Helena Spring as Karlien
- Gé Korsten as Marcel
en andere.
Storielyn
Karlien en haar pa, Marcel beplan ‘n skynmoord op hom om die reaksie van die res van die familie te toets. Op 'n onweersnag knip Karlien die foonlyne, sluit die hekke en begin met die uitvoering van die plan. Die skynmoord is so realisties dat almal dit aanvaar. Skielik sak vrees op die sewe vroue in die moordhuis toe. Elkeen weet sy dat sy nie skuldig is nie, maar aanvaar dat een van die ander die moordenares is.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.