Nerine masoniorum
Die Transkei-lelie (Nerine masoniorum) is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom by Umtata voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 62 kmĀ² en daar was twee subpopulasies bekend, een het onlangs verlore gegaan weens die ontwikkeling van informele nedersetting. Die oorblywende populasie word bedreig deur oorbeweiding.
Transkei-lelie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Nerine |
Spesie: | N. masoniorum |
Binomiale naam | |
Nerine masoniorum L.Bolus, (1930) | |
Die plant blom gewoonlik in Februarie/Maart en dra die pienk blomme vir drie weke waarna dit saad skiet. Die blare is baie dun en grasagtig. Dit is 'n gewilde plant om te kweek, veral in rotstuin en houers. Die plant is bladwisselend.
Die spesie is vernoem na Marianne Mason, wat die plant ontdek het in die 1920's naby Umtata.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.