Neith

Neith (ook Nit, Net of Neit) was ’n godin in die vroeë Egiptiese mitologie. Sy was die beskermgodin van die stad Saïs, waar haar kultus gesentreer was in die westelike Nyldelta. Sy word al tydens Antieke Egipte se 1ste Dinastie genoem.[1]

Neith
Die godin Neith met haar simbole: gekruisde pyle en ’n skild op haar kop, die anch en die was-septer.
Soort godin Egipties
Godin vanOorlog, jag, weef en wysheid
Naam in hiërogliewe
n
t
R25B1
Kultussentrum Saïs
SimboolBoog, skild, gekruisde pyle
MetgeselChnoem of Set
KindersSobek
Portaal    Antieke Egipte

Sy was die godin van oorlog en jag en haar simbole was ’n boog, skild en gekruisde pyle. Haar simbole was ook dié van Saïs.[2] In haar gedaante as oorlogsgodin het sy die wapens van vegters gemaak en hul liggaam bewaak as hulle sterf.

Haar naam beteken ook water. Sy is mettertyd beskou as die verpersoonliking van die oerwaters van die skepping. In dié gedaante was sy ’n moeder- en skeppergodin.

Verwysings

  1. Shaw & Nicholson, op, cit., p.250
  2. The Way to Eternity: Egyptian Myth, F. Fleming & A. Lothian, p. 62.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.