Neil Adcock
Neil Adcock (1931–2013) was 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse snelbouler wat 100 paaltjies in toetskrieket geneem het.[1]
Neil Adcock | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Neil Amwin Treharne Adcock | |||||
Gebore | Seepunt, Kaapstad, Suid-Afrika | 8 Maart 1931|||||
Gesterf | 6 Januarie 2013 (op 81) Howick, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regterkantste kolf | |||||
Boulstyl | Regterarm vas | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | 1ste rang | ||||
Wedstryde | 26 | 99 | ||||
Lopies aangeteken | 146 | 451 | ||||
Kolfgemiddeld | 5,40 | 5,50 | ||||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | ||||
Hoogste telling | 24 | 41 | ||||
Aflewerings geboul | 6 391 | 19 708 | ||||
Paaltjies | 104 | 405 | ||||
Boulgemiddeld | 21,10 | 17,25 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 5 | 19 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 4 | ||||
Beste boulontleding | 6/43 | 8/39 | ||||
Vangskote/Stonkings | 4/– | 24/– | ||||
Bron: CricketArchive, |
Beknopte biografie
Neil Amwin Treharne Adcock is op 8 Maart 1931 in Seepunt, Kaapstad gebore. Hy maak sy toetsbuiging (na slegs nege eersterangse wedstryde) in 1953 in 'n tuiswedstryd teen Nieu-Seeland. Hy voltooi die reeks met 24 paaltjies, insluitend 8 vir 87 in sy tweede toets (totaal vir albei beurte).
Adcock het in die vyftiger- en sestigerjare in 26 kriekettoetse vir Suid-Afrika gespeel en 104 paaltjies teen 'n gemiddelde van slegs 21,10 ingeoes.[2] In 1961 is hy as een van Wisden se Krieketspelers van die Jaar aangewys.
Na sy uittrede uit krieket was hy 'n radio-kommentator en het hy in die toerisme-industrie gewerk.
Hy is op 6 Januarie 2013 in Howick, KwaZulu-Natal oorlede.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- Bernstein, Jenny (20 April 2011). "Fast-bowling great Neil Adcock dies – Yahoo! News South Africa" (in Engels). Za.news.yahoo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2013. Besoek op 6 Januarie 2013.