Nefertem

Nefertem (ook gespel Nefertoem of Nefer-temoe) was in die Egiptiese mitologie met die skepping van die wêreld ’n lotusblom wat in ’n blou waterlelie (Nymphaea caerulea) uit die oerwaters ontstaan het.[1] Hy verteenwoordig beide die eerste sonlig en die heerlike geur van die Egiptiese blou lotus. Van sy titels was "hy wat mooi is" en waterlelie van die son".

Nefertem
Die Memphis-god Nefertem met ’n waterlelie op sy kop as simbool van geur en skoonheid.
Soort god Egipties
God vanHeling en skoonheid
Kultussentrum Memphis
SimboolWaterlelie
OuersPtah en Sechmet
SibbesMaahes (soms)
Portaal    Antieke Egipte
Nefertem.

Nefertem die kind kom uit sy aardvader Noe se swart oerwaters en sy lugmoeder is Noet. Wanneer hy volwasse word, is hy Ra.

Nefertem is eindelik beskou as die seun van die skeppergod, Ptah, en die godin Sechmet. Soms is Bastet sy ma.

Verwysings

  1. Nefertem by Ancient Egypt: the Mythology besoek op 21 Junie 2008.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.