Nebraska
Nebraska (Engels: State of Nebraska) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 1,9 miljoen en met 'n oppervlakte van 200 520 vierkante kilometer. Dit is een van die deelstate wat in die Groot Vlaktes lê en waar landbou 'n belangrike rol in die ekonomiese lewe speel.
Deelstaat Nebraska | |||||
| |||||
Bynaam(e): Cornhuskers State | |||||
![]() Kaart van die Verenigde State met Nebraska uitgelig | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Hoofstad | Lincoln | ||||
Grootste stad | Omaha | ||||
Area | 16de in die V.S. | ||||
- Totaal | 200 520 km2 | ||||
- Wydte | 340 km | ||||
- Lengte | 690 km | ||||
- Water | 1 247 km2 | ||||
- % water | 0,7 % | ||||
- Breedtegraad | 40° N tot 43° N | ||||
- Lengtegraad | 95° 19' W tot 104° 03' W | ||||
Bevolking | 38se in die V.S. | ||||
- Totaal | 1 826 341 | ||||
- Digtheid | 9,1/km2 42ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Panorama Point 1 653 m | ||||
- Gemiddeld | 790 m | ||||
- Laagste punt | Missouririvier by grens met Kansas 256 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 1 Maart 1867 (37ste) | ||||
Goewerneur | Jim Pillen (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Joe Kelley (R) | ||||
Wetgewer | Nebraska Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Geen (eenkamerstelsel) | ||||
- Laerhuis | Nebraska Legislature | ||||
V.S. Senatore | Deb Fisher (R) Ben Sasse (R) | ||||
Tydsone | Mountain, Central UTC -7/ -6 Somertyd -6/ -5 | ||||
Afkortings | NE US-NE | ||||
Webblad | www.nebraska.gov | ||||
Nebraska word in die noorde deur Suid-Dakota, in die ooste deur Iowa en Missouri, in die suide deur Kansas en Colorado, en in die weste deur Wyoming begrens. Dit is die 37ste staat wat tot die Unie toegelaat is.
Nebraska se bynaam is Cornhuskers State. Die woord Nebraska is uit die Chiwere-taal afkomstig en beteken 'vlak water'.
![](../I/My_Public_Lands_Roadtrip-_North_Platte_River_in_Wyoming_(19260605974).jpg.webp)
Hengelsport op die North Platte River. Vier 19de eeuse pioniersroetes het by die rivier saamgeloop - die Oregon Trail, Mormon Trail, California Trail en die Pony Express Trail
![](../I/DSCN5051_greatplainswestofkearney_e.jpg.webp)
Groot Vlaktes naby Kearney, Nebraska
![](../I/Chimney_Rock_NE.jpg.webp)
Chimney Rock in Morrill County
![](../I/Carhenge_from_NW_2.JPG.webp)
Nie net 'n trekpleister vir motordruïdes nie: Carhenge naby Alliance
![](../I/Pioneers_Sculpture.jpg.webp)
Pioniersstandbeeld in Omaha
![](../I/Front_Street%252C_Ogallala%252C_Nebraska%252C_2007.jpg.webp)
Front Street, Ogallala
![](../I/Keystone%252C_Nebraska_Little_Church_from_SW.jpg.webp)
The Little Church in Keystone word deur Protestantse en Rooms-Katolieke gemeentes gedeel
![](../I/Durham_Museum_-_Omaha%252C_Nebraska_Train_Station_(46277583362).jpg.webp)
Omaha se Union Station, 'n Art Deco-treinstasie, huisves tans die Durham Museum wat in sy versamelings die geskiedenis van die Amerikaanse Weste behandel
Eksterne skakels
- Toerisme
- Geskiedenis
- Ekonomie
![]() |
Verenigde State van Amerika | ![]() |
||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.