Natalse rotsoester

Die Natalse rotsoester (Saccostrea cucullata)[1] is 'n tweekleppige seediertjie wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika. Die oester word tot 7 cm lank. Die oester heg hom aan die rotse vas met die onderste klep wat diep en hol is. Die boonste klep is kleiner en platterig. Die rante van beide die kleppe is gevou of gekartel. Die oester kom voor in die tussengetysone, maar meer aan die bokant daarvan in rotsagtige gebiede waar hulle kolonies vorm. Die oesters is eetbaar maar die Kaapse oester word bo diĆ© oester verkies.

Natalse rotsoester
Natalse rotsoesters
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Ostreoida
Familie:
Genus:
Saccostrea
Spesie:
S. cucculata
Binomiale naam
Saccostrea cucullata
(Born, 1778)

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.