Nasionale en Universiteitsbiblioteek in Zagreb
Die Nasionale en Universiteitsbiblioteek in Zagreb (Kroaties: Nacionalna i sveučilišna knjižnica u Zagrebu; NSK) is die nasionale biblioteek van Kroasië en die sentrale biblioteek van die Universiteit van Zagreb.
Die biblioteek is in 1607 gestig.[1] Sy hoofdoel is die ontwikkeling en bewaring van Kroasië se nasionale geskrewe erfenis. Dit bevat sowat 3 miljoen items.
Van die dienste wat aangebied word, is uitlenings- en verwysingsdienste, lenings tussen biblioteke, ’n nasionale bibliografiese databasis, IT-dienste, mikroverfilming, digitalisering en leerprogramme.
Verwysings
- Aleksandar Stipčević (2007). The National and University Library in Zagreb 1607-2007: On the Occasion of the 400th Anniversary. National and University Library.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.