Nasionale Stadion, Singapoer
Die Nasionale Stadion (Chinees: 新加坡国家体育场; Engels: National Stadium; Maleis: Stadium Nasional Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர் தேசிய அரங்கம்) is ’n veeldoelige stadion in Kallang, Singapoer.
Nasionale Stadion | ||
Volle naam | 新加坡国家体育场 (zh) National Stadium (en) Stadium Nasional Singapura (ms) சிங்கப்பூர் தேசிய அரங்கம் (ta) | |
---|---|---|
Ligging | Kallang, Singapoer | |
Koördinate | 1°18′15.5″N 103°52′27.2″O | |
Eienaar | Sport Singapore | |
Operateur | Dragages Singapore Pte. Ltd. | |
Kapasiteit | 55 000 (sokker/rugby), 52 000 (krieket), 50 000 (atletiek) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 29 September 2010 | |
Geopen | 30 Junie 2014 | |
Boukoste | S$1,87 miljard | |
Argitek | Arup Associates (sportplekke), DP Architects (nie-Sports venues, QP), AECOM (landskap) | |
Struktuuring. | Arup | |
Huurders | ||
Singapoerse nasionale sokkerspan Singapoerse nasionale krieketspan Sunwolves (2016-huidig) |
Die stadion vervang die Voormalige Nasionale Stadion en is op 30 Junie 2014 geopen. Die stadion is geleë in Kallang en word hoofsaaklik gebruik vir sokkerwedstryde. Die stadion het ’n intrekbare dak en is die enigste stadion in die wêreld wat spesifiek ontwerp is om sokker- rugby-, krieketwedstryde en atletiekbyeenkomste aan te bied. Met ’n gemeganiseerde en intrekbare sitplekindeling op die onderste vlak kan die stadion ook konserte en ander kulturele vermaaklikhede aanbied. Dit neem ongeveer 48 uur om die sitplekindeling vir ’n opkomende gebeurtenis reg te kry.
Fotogalery
- Toeskouers by die 10er-Rugbywêreldklub op 22 Junie 2014, die eerste sportbyeenkoms wat op die Nasionale Stadion gehou is.
- 'n Beraamde 11 900 toeskouers op die Nasionale Stadion vir Tampines Rovers FC teen Selangor FA tydens die 2016 AFC Cup groepfase op 10 Mei 2016
Wedstryde
AFF-kampioenskap 2014
Datum | Tyd (UTC+8) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
23 November 2014 | 20:10 | Singapoer | 1–2 | Thailand | Groepfase | n.v.t. |
26 November 2014 | 20:00 | Mianmar | 2–4 | Singapoer | Groepfase | n.v.t. |
29 November 2014 | 20:00 | Singapoer | 1–3 | Maleisië | Groepfase | n.v.t. |
Suidoos-Asiatiese Spele 2015
Datum | Tyd (UTC+8) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 2015 | 14:00 | Mianmar | 2–1 | Viëtnam | Halfeindrondte | n.v.t. |
13 Junie 2015 | 20:30 | Thailand | 5–0 | Indonesië | Halfeindrondte | n.v.t. |
15 Junie 2015 | 14:00 | Viëtnam | 5–0 | Indonesië | Bronsmedalje-wedstryd | n.v.t. |
15 Junie 2015 | 20:30 | Mianmar | 0–3 | Thailand | Goudmedalje-wedstryd | n.v.t. |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met National Stadium, Singapore. |