Nasaret

Nasaret (ook wel Nazareth; Hebreeus: נצרת , Arabies: الناصرة), is 'n Israelse stad in die Noordelike distrik met 'n bevolking van sowat 77 000 in 2017.

Nasaret

נצרת
الناصرة
Stad
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Wapen van Nasaret
Wapen
Nasaret is in Israel
Nasaret
Nasaret
Koördinate: 32°42′7″N 35°18′12″O
LandVlag van Israel Israel
DistrikNoordelike
Stigting1885
Regering
  BurgemeesterAli Sallam
Oppervlak
  Totaal14,123 km2 (5,453 vk. myl)
Hoogte
347 m (1 138 ft)
Bevolking
  Totaal76 551
  Digtheid5 420/km2 (14 000/vk. myl)
Webwerfnazareth.muni.il

Die ou Nasaret is in die oudheid gestig maar die nuwe Nasaret is in 1885 opgerig.

Nasaret is die grootste Arabiese stad in Israel. Van die stad se bevolking is 30,9 persent Christen en 69,0 persent Moslem (2009).[1]

Jesus het in Nasaret opgegroei.

Ekonomie, toerisme

Die stad is 'n belangrike dienssentrum vir sy eie bevolking en die hele omliggende gebied, veral in groothandel, kleinhandel, onderwys, staatsdienste (saam met Nazareth Illit), godsdiens, vermaak, gasvryheid, welsyn, gesondheidsorg en finansies.

Toerisme is 'n belangrike bron van inkomste vir die stad, meestal van Christelike pelgrims uit die buiteland en Israeliese dagreisigers. Die stad se ekonomie is swaar getref deur die geweld tydens die eerste en tweede intifadas, weens die gebrek aan toeriste.

Die Basiliek van die Annunsiasie is 'n 20ste-eeuse Rooms-Katolieke basiliek, die grootste Christelike kerk in die Midde-Ooste.

Verder het Nasaret 'n kleurvolle en geurige mark met baie restaurante en bakkerye. Nasaret is bekend vir sy gebak en ander lekkergoed.

Verwysings

Eksterne skakels


Nazareth Catholic Church Annunciation
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.