Naram-Sin van Akkad
Naram-Sin, ook getranskribeer as Narām-Sîn of Naram-Suen (Akkadies: 𒀭𒈾𒊏𒄠𒀭𒂗𒍪: DNa-ra-am DSîn, "Geliefde van die Maangod Sîn", met die 𒀭 ’n onuitgespreekte eretitel vir "goddelik"),[1] was ’n koning van die Akkadiese Ryk wat van omstreeks 2254-2218 v.C.[2] regeer het. Hy was die kleinseun en derde opvolger van koning Sargon van Akkad. Onder Naram-Sin het die ryk sy maksimum mag bereik. Hy was sover bekend die eerste Mesopotamiese koning wat op goddelikheid aanspraak gemaak het – hy het die titel "god van Akkad" aangeneem – en die eerste een wat die titel "koning van die vier kwartiere, koning van die heelal" gebruik het.
Naram-Sin 𒀭𒈾𒊏𒄠𒀭𒂗𒍪 | |
---|---|
God van Akkad, koning van Akkad, koning van Sumer, koning van die vier hoeke van die wêreld | |
Portret van Naram-Sin. | |
Dinastie | Huis van Sargon |
Bewind | c. 2254-2218 v.C. |
Voorganger | Manishtushu |
Opvolger | Shar-Kali-Sharri |
Vader | Manishtushu |
Verwysings
- Mémoires. Mission archéologique en Iran. 1900. p. 53.
- Middelchronologie van die Midde-Ooste
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Naram-Sin van Akkad.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.