Napoleon II
Napoleon II, Die Hertog van Reichstadt (20 Maart 1811 – 22 Julie 1832) was die seun van Napoleon Bonaparte en vir 'n kort tydperk die tweede Keiser van Frankryk.
Napoleon II | |
---|---|
Keiser van die Franse, Hertog van Reichstadt | |
Die Hertog van Reichstadt, Napoleon II | |
Vorstehuis | Bonaparte |
Titels | Keiser van die Franse, Hertog van Reichstadt |
Keiser van die Franse | 22 Junie 1815 - 7 Julie 1815 |
Hertog van Reichstadt | 1818 - 1821 |
Voorganger as Keiser van die Franse | Napoléon Bonaparte |
Opvolger as Keiser van die Franse | Lodewyk XVIII |
Voorganger as Hertog van Reichstadt | Ferdinand van Parma |
Opvolger as Hertog van Reichstadt | Jean-Jacques Régis de Cambacérès |
Volle naam | Napoléon François Joseph Charles Bonaparte |
Gebore | 20 Maart 1811; Paris, Frankryk |
Oorlede | 22 Julie 1832; Wene, Oostenryk |
Begrawe | Julie 1832; Wene, Oostenryk |
Vader | Napoléon Bonaparte |
Moeder | Marie Louise van Oostenryk |
Napoleon Francois Joseph Charles was bekend vanaf sy geboorte as die Koning van Rome. Drie jaar na sy geboorte het die Eerste Franse Keiserryk tot 'n val gekom. In 1815 het die Franse raad hom erken as Keiser. Na die slag van Waterloo waar sy vader Napoleon I totaal verslaan is, was Napoleon tot die Oostenrykse hof beperk en het die titel Hertog van Reichstadt gebruik. Napoleon sterf aan tuberkulose in 1832.
In 1940 het Hitler sy oorskot aan Frankryk gegee as 'n geskenk en hy is te ruste gelê in Les Invalides in Parys.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.