Napata

Napata was ’n stadstaat van Antieke Nubië op die wesoewer van die Nylrivier (naby die moderne dorp Karima in Soedan).

Napata
Piramides naby Djebel Barkal.
Piramides naby Djebel Barkal.
Koördinate18°31′48″N 31°50′24″O
LandVlag van Soedan Soedan
SoortHeiligdom
Unesco-wêrelderfenisgebied
TipeKultureel
Kriteriai, ii, iii, iv, vi
Verwysing1073
Streek†Arabiese State
Beskrywing*Gebel Barkal and the Sites of the Napatan Region
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Geskiedenis

n
p t
N25
Natata (npt)
in hiërogliewe

Napata is in die 15de eeu v.C. deur die Egiptiese farao Toetmoses III gestig nadat hy Nubië verower het. Die nabygeleë berg Djebel Barkal is beskou as die grens van die Nuwe Ryk.

In 1075 v.C. het die hoëpriester van die tempel van Amoen in Thebe, die destydse hoofstad van Egipte, so magtig geword dat hy die farao se mag oor Bo-Egipte ingeperk het. Dit was die begin van die Derde Oorgangstydperk (1075-664 v.C.). Die verdeling van mag het die Nubiërs in staat gestel om hul onafhanklikheid terug te kry. Hulle het die Koninkryk van Koesj gestig met Napata as hoofstad.

Die stad is eindelik in 23 v.C. tot op die grond afgebreek nadat die Romeinse prefek van Egipte die koninkryk binnegeval het.[1]

Goue artefak van Napata met hiërogliewe.

Verwysings

  1. Augustus, "The Deeds of the Divine Augustus," Exploring the European Past: Texts & Images, 2de uitg., red. Timothy E. Gregory (Mason: Thomson, 2008), 119.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.