Nando's

Nando's is 'n restaurantgroep met 'n Portugese/Mosambiekse tema wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Die groep is in 1987 gestig en doen sake in 26 lande op vyf kontinente.[1] Nando's spesialiseer in hoendergeregte met 'n suurlemoen-en-speserye, medium, warm of ekstra warm peri-peri marinade.

Nando's
Tipe Privaatbesit
Gestig 1987, Rosettenville
Hoofkantoor Johannesburg, Suid-Afrika
LiggingsTakke ook oorsee
SleutelpersoneFernando Duarte en
Robert Brozin
Gebied bedienOngeveer 1000 restaurante in 30 lande
IndustrieInformele uiteet en wegneem
ProdukteBraaihoender en verwante Portugese geregte
BedryfsinkomsteVS$ 650 miljoen in 2012
Webwerfnandos.com
Die Nando's restaurant in die Canal Walk-inkopiesentrum, Kaapstad
Nando's in Lahore, Pakistan.

Geskiedenis

Nando's het in September 1987 in Johannesburg, Suid-Afrika vir sake geopen. Die eerste Nando's restaurant is geopen toe Robert Brozin en Fernando Duarte die Chickenland-restaurant in Rosettenville, 'n voorstad van Johannesburg, gekoop het. Die naam Nando's verwys na Fernando. Die Portugese kultuur en eetgewoontes is na Johannesburg versprei toe Portugese hul daar gevestig het op soek na goud.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  1. Nando’s blazes into the US Geargiveer 29 Januarie 2009 op Wayback Machine, Janine Erasmus, 17 Julie 2008
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.