Namur (stad)

Namur, Nederlands: Namen, Wallonies: Nameur, is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Walloniese provinsie Namur. Die munisipale gebied het 'n bevolking van 108 950 (2010) en 'n oppervlakte van 176 km².

Namur
Namen

Ligging in die provinsie Namur Wapen
Vlag
 Land België
 Gewes (deelstaat) Wallonië
 Provinsie Namur
 Koördinate 50°28′N 4°52′O
 Stigting Keltiese nedersetting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 175,69 vk km
 Hoogte bo seevlak - m bo seespieël
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2010) 108 950
 - Bevolkingsdigtheid 620/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Maxime Prévot (cdH)
 Amptelike Webwerf namur.be

Namur is die hoofstad van die gelyknamige Franssprekende provinsie. Dit is sowat 65 kilometer suid-oos van die Belgiese hoofstad Brussel by die samevloeiing van die Sambre- en Maasriviere geleë. Namur is die setel van die Waalse parlement, 'n Rooms-Katolieke biskop en die Rooms-Katolieke universiteit Notre-Dame de la Paix.

Die stad is in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog ernstig beskadig.

Geboortes

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.