Nagpur
Nagpur (Marathi: नागपुर, Nāgpur) is 'n groot stad aan die oewer van die Nagrivier en die winterhoofstad van die Indiese deelstaat van Maharasjtra. Die stad lê in die sentrum van die land en is 'n nywerheids-, vervoer- en kultuursentrum. Nagpur het 'n bevolking van 2 405 421 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 218 km².
Nagpur | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Indië |
Deelstaat | Maharasjtra |
Koördinate | 21°04′N 79°16′O |
Stigting | 1702 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 218 vk km |
Hoogte bo seevlak | 310 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 2 405 421 |
- Bevolkingsdigtheid | 10 964/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 497 777 |
Tydsone | UTC +5:30 |
Burgemeester | Archana Dehankar |
Amptelike webwerf | nmcnagpur.gov.in |
Sport
Nagpur beskik met die Vidarbha-krieketverenigingstadion en die ouer Vidarbha-krieketverenigingveld oor twee toetskrieketstadions. In die stad speel die Indiese nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. In Nagpur is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996 en 2011, asook die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nagpur.
- (en) Toerisme-inligting oor Nagpur op Wikivoyage
- (en) (hi) Amptelike webwerf
- (en) "Nagpur". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Desember 2021.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.