Nababeep

Nababeep is 'n klein myndorp in die westelike Noord-Kaap (Suid-Afrika), 22 km noord van Springbok.

Nababeep
Dorp
Nababeep is in Noord-Kaap
Nababeep
Nababeep
 Nababeep se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°35′24″S 17°47′1.68″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitNama Khoi
Oppervlak
  Totaal123,13 km2 (47,54 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal5 374
  Digtheid44/km2 (110/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense4.2%
  Indiërs/Asiërs0.5%
  Bruin mense91.2%
  Swart mense3.9%
  Ander0.2%
Taal (2011)
  Afrikaans 96.2%
  Xhosa 1.5%
  Ander 2.3%
Poskode (strate)
8265
Poskode (posbusse)
8265

Geskiedenis

Daar is in die 1850's begin om kopererts hier te ontgin en in 1876 is die eerste erts na Port Nolloth per spoor gestuur. Die myn het in 1919 gesluit toe die koperprys 'n algehele laagtepunt bereik het. Die mynbedrywighede is in 1937 hervat.

Daar is 'n mynmuseum op die dorp. Die dorp se naam is afgelei van twee Namawoorde: naba (skof van 'n dier) en bib (klein fontein) wat met 'n bietjie verbeelding die fontein agter die koppie word.

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Nababeep". Sensus 2011.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.