Naamdag
Die naamdag (panigyria) van 'n katolieke of ortodokse persoon is die gedenkdag van die heilige na wie dié persoon vernoem is (meestal tydens die doop, die sogenaamde doopnaam). Gedenkdae van heiliges val oor die algemeen op hul sterfdag; 'n goeie voorbeeld is Sint Nicolaas, wat volgens die oorlewering op 6 Desember in die jaar 342 gesterf het.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Die naamdag word nie dikwels in Suid-Afrika gevoer nie, buiten in streng Katolieke of Ortodokse families. In andere lande is die naamdag dikwels belangriker as die persoon se verjaarsdag. So word naamdae op kleurryke wyse op Siprus gevier en op die dag van die heilige plaas die dorpsbewoners allerlei geskenke aan dié heilige (insluitend plaaslike lekkernye) om die kerk of klooster. Naamdae word ook in Bosnië-Herzegovina, Finland, Letland, Italië, Kroasië, Spanje, Griekeland, Rusland, Oekraïne, Hongarye, Serwië, Roemenië, Pole, Slowakye, Tsjeggië, Swede en Bulgarye gevier.
In baie van dié lande kry 'n mens in baie gevalle 'n ortodokse of katolieke naam by die doop en elkeen het dus hul naamdag. In andere lande is daar 'n kalender gemaak met die mees voorkomende voorgeneem. Soms kan 'n naam op twee naamdae gevier kan word; in sulke gevalle word die naamdag gekies wat die naaste aan die persoon se eie verjaarsdag is, of die eerste naamdag wat op die verjaardag volg. As iemand nie 'n naamdag het nie, word dié op Allerheiligedag gevier. In die Grieks-Ortodokse Kerk val Allerheiligedag op die dag ná Pinkster, en nie op 1 November nie.
Dit maak meestal glad nie saak of die naam dié van 'n manlike of vroulike heilige is nie, want byna álle name kan aan sowel seuns as dogters gegee word. So kan die naam van byvoorbeeld Sint Nicolaas in die geval van dogters verander word na Nicoletta of Nicola.