NG gemeente Orkney
Die NG gemeente Orkney is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1954. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Popelaan en Hoodweg, Orkney, Noordwes. In 2013 was die leraar dr. J.A. Kritzinger. Daar was in daardie jaar 84 doop- en 560 belydende lidmate.
Enkele leraars
- Wilhelm Karel Troskie, 1954 – 1960
- Edward Ellis, 1970 - 4 September 1983 (aanvaar sy emeritaat)
Bronne
- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.