NG gemeente Meiringspark

Die NG gemeente Meiringspark is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1966. Die kerkgebou is geleƫ by Oom Jacobstraat 41, Klerksdorp. In 2013 was die leraar ds. T. De Bruin. Daar was in daardie jaar 67 doop- en 404 belydende lidmate. In 2016 het Meiringspark en Elandia gekombineer en ds. Jan van Heerden saam beroep.

Enkele leraars

  • Gideon Stephanus Boshoff, 1971 - 1975

Bronne

  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.