NG gemeente Klerksdorp-Oos
Die NG gemeente Klerksdorp-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1963. Die kerkgebou is geleë by Servaasstraat 7, Flamwood, Klerksdorp. In 2013 was die leraar ds. J.S.F. Botha. Daar was in daardie jaar 117 doop- en 684 belydende lidmate.
Enkele leraars
- Timotheus Beukes, 1973 - 1977
- Coenraad Theophilus Brink, 1976 - 1979
- Emil Niel Venter, 1979 - 25 Februarie 1996 (aanvaar sy emeritaat)
- Adri la Grange, 2017 -[1]
Bronne
- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Verwysings
- Akademie se nagraadsebeursprojek: Adri la Grange, Nuusbrief, Jaargang 58, 8/2020 – SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.