NG gemeente Klerksdorp-Goudkop
Die NG gemeente Klerksdorp-Goudkop is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1981. Die kerkgebou is geleƫ by Goudkoplaan 6, Klerksdorp. In 2013 was die leraars di. C.J. van Staden en S.W.P. Scott. Daar was in daardie jaar 189 doop- en 770 belydende lidmate.
Bronne
- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.