NG gemeente Floridapark
Die NG gemeente Floridapark was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Florida en Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1959. Die kerkgebou is geleë te Daniël Malanlaan 70, Floridapark, Gauteng. Sedert 1 Mei 2008 was die leraar Dr. Daniel Louw. Daar was in daardie jaar 30 doop- en 302 belydende lidmate, vergeleke met onderskeidelik 140 en 587 einde 1994.
Die kerkraad besluit op 5 Augustus 2014 om die gemeente te ontbind en lede word einde November 2014 ingelyf by die NG gemeente Constantiakruin. Die kerkgebou word daarna verhuur aan Praise Place.
Die predikant Dr. Daniel Louw het daarna 'n eie bediening, Daniel Ministries, begin.
Bron
- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
In en om die kerkgebou
- Die kerkgeboue op Oujaarsdag 2017.
- Die NG kerk Floridapark.
- Die kerk se ingang.
- Die kerk se hoeksteen.
- Die tuin en muurtjie met die gemeente se naam toe dit nog Floridapark was.
- Die kerktoring.
- Die orrelpype op die galery.
- Die orrelgalery.
- Die liturgiese ruimte.
- Die orrel.
Eksterne skakels
- (en) Die kerkgebou, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 19 September 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.