NG gemeente Berea

Die NG gemeente Berea is 'n klein gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie en Sinode van KwaZulu-Natal wat in 2015 68 belydende lidmate en een dooplidmaat gehad het. Volgens die NGK Jaarboek van 2021 was daar toe 63 belydende en geen dooplidmate nie. Met sy stigting op 17 Julie 1945 saam met die NG gemeente Port Natal was dit die eerste en enige geval dat twee gemeentes gelyktydig in die Tuinprovinsie afgestig is, en wel van die moedergemeente Durban. Dit is ook een van net enkele NG gemeentes wat twee maal gestig is, want nadat dit in 1992 met Port Natal en Glenwood saamgesmelt het, is Berea in 1997 opnuut as selfstandige gemeente gestig, 52 jaar ná sy oorspronklike stigting.

Ds. F.N. Niekerk was van 1946 tot '48 Berea se eerste leraar, waarna hy na Dundee vertrek en aldaar gearbei het tot 1961.
Die kerkgebou is deur 'n ander kerk oorgeneem en 'n koffierestaurant aan die voorkant aangebou.
Ds. J. Adler het in 1948 Berea se tweede leraar geword.

Stigting

Die hoeksteen van die kerksaal is op 2 Augustus 1947 deur ds. F.N. van Niekerk gelê. Die kerkgebou se hoeksteen is ná verbouings nie meer sigbaar nie.

Ná die De Vos-skeuring het die kerkraad van die gemeente Durban besluit om die gemeente in meer gemeentes te verdeel ten einde die lidmate meer intensief te kan bearbei. So is dan op 18 Julie 1945 in die kerksaal, Smithstraat 151, 'n afstigtingsvergadering gehou onder die bekwame voorsitterskap van ds. M.W. Odendaal, bygestaan deur die Ringslede, di. J.S. Erlank, H.C.J. Flemming en J.J. Struwig. Twee gemeentes is toe afgestig, naamlik Port Natal en Berea.

Die naam Berea is voorgestel deur oudl. E.J. Muller en gesekondeer deur oudl. C.D. Viviers, en eenparig deur die vergadering aangeneem. Die ledetal is op sowat 970 vasgestel en as bruidskat het die gemeente die pastorie in Evansweg (Port Natal), gewaardeer vir £5 500, ontvang. Daar is toe ook besluit om gesamentlik met die moedergemeente die hoofdienste vir twee jaar nog in die moederkerk te hou. Binne die grense van die gemeente was geen geskikte saal of lokaal te kry nie. Ná 'n gesukkel is die pastorie in Evansweg verkoop en 'n pastorie in Windermereweg, Berea, gekoop. Die gemeente was gelukkig om in die begin die St. Mary-saal vir Sondagskooldoeleindes te huur, maar dit was nie lank nie of die eienaars het hulle die voorreg ontneem, met die gevolg dat die gemeente buitedienste, Strewers-vergaderinge, biduur en Sondagskool in die pastorie gehou moes word. Die Sondagskool moes maar klaarkom met 'n vertrek 16 x 16 vt.

Kerkbou

Maar daar het uitkoms gekom met die aankoop van die pastorie wat jare lank nog in gebruik was, met 'n oop stuk grond langsaan waarop die kerksaal later sou staan. Gelukkig was die gemeente nie lank vakant nie. Ná twee vrugtelose beroepe, het ds. F.N. van Niekerk die beroep aangeneem en is hy in 1946 bevestig. Met toegewydheid het die jong leraar hom vir die oprigting van 'n plek van aanbidding beywer, en op 2 Augustus 1947 is die hoeksteen van die sierlike saal gelê wat in Desember 1947 ingewy is.

In Julie 1948 het ds. Van Niekerk die gemeente verlaat en op 9 Oktober 1948 is ds. J. Adler as leraar van die gemeente bevestig. Hy kon deur die genade van die Here die werk met seën voortsit, aldus Ons gemeentelike feesalbum, en met behulp van 'n flukse kerkraad die skuld van £5 000 afbring tot £1 800. Dieselfde kerklike album het in 1952 berig: "Berea is vandag 'n bloeiende gemeente met 'n skitterende toekoms."

Latere ontwikkelinge

Op 15 Maart 1992 het Berea met Natal en Glenwood saamgesmelt weens die afname in NG lidmate in Durban, maar in 1997 het Berea opnuut afgestig. Die kerkgebou op die hoek van Floridaweg en 7de Laan, Morningside, is later verkoop, waarna die gemeente vir eredienste byeengekom het in die Tuinsig-sentrum, Problem Mkhizeweg 12, Morningside, Durban.

Enkele predikante

  • Francois Nicolaas van Niekerk, 1946 tot 1948
  • John Adler, 1948 tot 1968

NG gemeentes in Durban

In 1960 het die Ring van Durban bestaan uit 13 gemeentes met 8 322 belydende lidmate, maar die gemeente Weza-Port Shepstone het later 'n afsonderlike ring geword sodat die 12 oorblywende gemeentes 7 698 belydende lidmate gehad het. In 1985 was daar twee Durbanse ringe, te wete Durban en Durban-Suid. In die gesamentlike getal van 20 gemeentes was daar toe 12 464 belydende lidmate. In 2000 het daar 19 gemeentes oorgebly met 10 241 belydende lidmate, maar die getal gemeentes het teen 2015 afgeneem tot 14 en die belydende lidmate tot 6 600.

NaamStigtingsdatumStatusBel. lidm. 1960Bel. lidm. 1972Bel. lidm. 1985Bel. lidm. 2000Bel. lidm. 2015Bel. lidm. 2016
Durban1913Bestaan nog6321 1176672083530
Noordkus1940Bestaan nog500709500480342352
Port Natal1945Bestaan nog1 1001 126434326125146
Berea1945Bestaan nog7901 0384702876873
Pinetown1946Bestaan nog6511 422971823327407
Durban-Noord1958Ingelyf by Umhlanga 2006415648501410
Glenwood1961Ingelyf by Port Natal 1992489415
Escombe1974Bestaan nog670507220200
Westville1975Bestaan nog498537331352
Durban Reformed1977Ontbind 20047646
Krantzkloof1984Bestaan nog315258660679
Umhlanga1978Bestaan nog332565735561
Durban-Suid1941Saamgesmelt met Montclair as Durban-Oos 20056001 132884643
Durban-Wes1941Bestaan nog7677976484581 069999
Fynnland1955Bestaan nog7931 2841 033680372331
Hillary1956Saamgesmelt met Malvern, Durban-Wes 2011660530566405
Malvern1970Saamgesmelt met Hillary, Durban-Wes 20114601 003827
Montclair1951Saamgesmelt met Durban-Suid as Durban-Oos 20054501 050820503
Scottburgh1978Bestaan nog325653584409
Suidkus1958Bestaan nog3407761 3361 6251 4001 532
Durban-Oos2005Bestaan nog332334
Totaal7 69812 57812 46410 2416 6006 405

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.