Mystacidium venosum
Mystacidium venosum Harv. ex Rolfe is 'n soort orgidee wat in Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek voorkom. In Suid-Afrika word dit in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga aangetref.[1]
Mystacidium venosum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Mystacidium |
Spesie: | M. venosum |
Binomiale naam | |
Mystacidium venosum Harv. ex Rolfe, (1912) | |
Sinonieme | |
|
Dis 'n epifiet wat wit blomme dra met lang spore. Die plant groei op verskeie gasbome soos Ficus natalensis, Ekebergia capensis en Podocarpus latifolius. Uitheemse soorte soos Mangifera indica en Cupresus en Pinus-spesies kan ook gasheer wees. Die blomme skei in die namiddag en vroeë aand nektar af wat veral uit 'n verdunde sukroseoplossing bestaan. Saans word geurstowwe soos Jasmyn-lakton en (E,E)-farnesol uitgeskei. Die blomme word deur pylsterte bestuif wat se roltong met pollinaria bedek raak. Bestuiwing vind plaas deur soorte soos Nephele accentifera en die varkoorpylstert Hippotion eson. [2]
Verwysings
- SANBI redlist
- Luyt, R.; Johnson, S. D. (2001). ""Hawkmoth Pollination of the African Epiphytic Orchid Mystacidium Venosum, with Special Reference to Flower and Pollen Longevity."". Plant Systematics and Evolution. 228 (1/2): 49–62. Besoek op 1 Julie 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mystacidium venosum.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Mystacidium venosum