Myricaceae
Myricaceae is die Wasbessie-familie wat hoort tot die orde Fagales. Hierdie familie het 35 spesies wêreldwyd waarvan 5 spesies in Suider-Afrika voorkom en 3 spesies is bome.
Myricaceae | |
---|---|
Myrica faya | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | Fagales |
Familie: | Myricaceae |
Genera | |
Canacomyrica Guillaumin |
Kenmerke van die familie
Die blare is afwisselend, sag-en-leeragtig en gewoonlik saagrandig getand. Daar is opmerklike gestippelde klierhare op die blare, veral aan die onderkant. Die blare gee 'n aromatise reuk af wanneer hulle gekneus word.
Spesies
Die volgende spesies kom in Suid-Afrika voor:
- Breëblaarwasbessie Morella pilulifera
- Duinewasbessie Morella cordifolia
- Smalblaarwasbessie Morella serrata
Bron
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
- Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III" (PDF). Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Besoek op 6 Julie 2013.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.