Myl

Een myl is 'n afstand van 5280 voet, 1760 jaart, 1609,344 meter. Op see ('n seemyl) is een myl gelyk aan 1852 meter.

'n Romeinse mylpaal

Die oorsprong van die myl is die Romeinse myl, "mille passus" (pl.: milia passuum). Dit was duisend pas (van dieselfde voet, dus eintlik twee duisend stappe); totaal ongeveer 1479 meter. Die Roeinse pas was 5 Romeinse voete.

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.