Mxolisi Kaunda

Mxolisi Thomas Kaunda (gebore 6 September 1973) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sedert September 2019 dien hy as die burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Hy was voor dit betrokke in die KwaZulu-Natalse provinsiale regering waar hy as die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling vanaf 2016 tot 2019 gedien het. Kaunda was ook 'n lid van die Provinsiale Wetgewer tussen 2009 en 2019. Kaunda is 'n lid van die African National Congress (ANC).

Mxolisi Kaunda

Ampsbekleër
Termynaanvang
5 September 2019
Vise Belinda Scott
Voorafgegaan deur Zandile Gumede

KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling
Ampstermyn
7 Junie 2016  4 September 2019
Premier Sihle Zikalala
Willies Mchunu
Voorafgegaan deur Willies Mchunu
Opgevolg deur Bhekuyise Ntuli

Ampstermyn
6 Mei 2009  4 September 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore Mxolisi Thomas Kaunda
13 September 1973 (1973-09-13)
Inanda, Natalprovinsie, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Nomzamo
Kind(ers) 4
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van die Witwatersrand

Vroeë lewe en opvoeding

Kaunda is op 6 September 1973 in die dorp Inanda buite Durban in die Natalprovinsie gebore. Hy het op die ouderdom van vyftien by politiek betrokke geraak en gevolglik deel van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) geword. Hy het aan Hoërskool Intshisekelo gematrikuleer, waarna hy aan die Universiteit van Suid-Afrika 'n diploma in bestuur en leierskap van die universiteit verwerf het. Hy het later aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en 'n gevorderde diploma in gevorderde bestuur en openbare leierskap verwerf.[1]

Politieke loopbaan

In 2000 is Kaunda as 'n ANC wykraadslid van die nuutgestigte eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit verkies. Na die 2006-verkiesing is hy ingehuldig as 'n PR raadslid. Hy het op die munisipale subkomitee vir ekonomiese ontwikkeling en markte gedien.[1]

In 2009 verskyn Kaunda op die ANC se kandidatelys vir die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer. Hy is gevolglik verkies en is op 6 Mei 2009 ingehuldig as 'n lid van die wetgewer. Tydens sy eerste termyn as 'n LPW was hy voorsitter van die portefeuljekomitee vir vervoer en lid van die finansies, gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee. Hy was ook 'n plaasvervangende lid van die samewerkende regering en tradisionele sake-komitees.[1]

Met sy herverkiesing in 2014, dien hy voort as voorsitter van die vervoerkomitee. Hy het ook 'n lid van die komitee vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, en gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee geword.[1]

In Junie 2016 het die nuutverkose premier Willies Mchunu Kaunda aangewys as die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling.[2] Sihle Zikalala is in Mei 2019 tot premier verkies en het Kaunda in sy pos behou.[3]

Benewens die feit dat hy verskeie openbare ampte beklee het, het Kaunda ook verskeie leiersposisies in die ANC-Jeugliga (ANCYL) beklee. Hy is in 2004 verkies as die ANCYL Provinsiale Sekretaris en het in die posisie tot 2008 gedien toe hy as ANCYL Provinsiale Voorsitter aangestel is. Hy het daardie pos tot 2010 behou. Hy is sedert 2012 'n lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PEC). Hy is ook 'n lid van die provinsiale werkskomitee (PWC).[1]

Burgemeesterskap

Kaunda is verkies as burgemeester van eThekwini op 6 September 2019. Dit volg nadat die provinsiale ANC vir Zandile Gumede op 13 Augustus herroep het. Sy het haar bedanking op 26 Augustus aangekondig maar dit op 29 Augustus weer teruggetrek. Sy het amptelik op 3 September bedank nadat die ANC druk op haar geplaas het om haar pos te ontruim.[4]

Persoonlike lewe

Kaunda is met Nomzamo getroud en hulle het 4 kinders.

Verwysings

  1. (en) Kahla, Cheryl (22 Augustus 2019). "Mxolisi Kaunda: Qualifications, CV and work history of eThekiwni's new mayor". The South African (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2019. Besoek op 11 Junie 2020.
  2. (en) Khoza, Amanda (6 Junie 2016). "ANC recalls 4 MECs in KZN cabinet reshuffle". News24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  3. (en) Harper, Paddy (27 Mei 2019). "Zikalala appoints youthful cabinet in KZN". Mail & Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019. Besoek op 11 Junie 2020.
  4. (en) "New eThekwini mayor elected". eNCA (in Engels). 6 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 11 Junie 2020.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.