Meiji
Keiser Meiji (gebore as Mutsuhito; 3 November 1852 - 30 Julie 1912), of Meiji die Grote (明治大帝, Meiji-taitei), was van 1867 tot 1912 die 122ste keiser van Japan volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is, is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy regeringstyd staan as die Meijitydperk (明治時代, Meijijidai, "verligte bewind") bekend en is gekenmerk deur groot politieke, sosiale en kulturele veranderinge.
Meiji | |
---|---|
Keiser van Japan | |
Keiser Meiji in 1888 | |
Dinastie | Keiserlike Huis van Japan |
Bewind | 3 Februarie 1867 - 30 Julie 1912 |
Kroning | 12 September 1868 |
Volle naam | Mutsuhito (睦仁) |
Gebore | 3 November 1852 |
Kioto, Japan | |
Gesterf | 30 Julie 1912 (op 59) |
Tokio, Japan | |
Begrawe | 13 September 1912 |
Fushimi Momoyama no Misasagi (伏見桃山陵), Kioto, Japan | |
Voorganger | Keiser Kōmei |
Erfgenaam | Keiser Taishō |
Opvolger | Keiser Taishō |
Gade | Masako Ichijō (1869–1912; tot met sy dood) |
Kinders | Keiser Taishō Masako, prinses Takeda Fusako, prinses Kitashirakawa Nobuko, prinses Asaka Toshiko, prinses Higashikuni |
Vader | Keiser Kōmei |
Moeder | Nakayama Yoshiko |
Tydens Meiji se bewind het die Japannese Keiserryk van 'n tradisionele, geïsoleerde feodale staat tot 'n keiserlike, moderne wêreldmag ontwikkel, gepaardgaande met die Japannese nywerheidsomwenteling.
Verwysings
- (en) Nussbaum, Louis-Frédéric (2002). Traditional order of Tennō. pp. 962–963.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meiji.
- (en) "Meiji". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 April 2020.
Voorafgegaan deur Keiser Kōmei |
122ste Tennō 1867–1912 |
Opgevolg deur Keiser Taishō |