Murraysburg
Murraysburg is 'n dorp in die oostelike Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is 60 km wes van Graaff-Reinet. Die R63 hoofpad gaan deur die dorp.
Murraysburg | |
---|---|
Murraysburg Murraysburg se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 31°57′S 23°46′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Sentraal Karoo |
Munisipaliteit | Beaufort-Wes |
Oppervlak | |
• Totaal | 68,45 km2 (26,43 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 167 |
• Digtheid | 2/km2 (5/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 80.4% |
• Swart mense | 9.5% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 87.95% |
• Xhosa | 6.0% |
• Engels | 4.2% |
• Ander | 1.8% |
Skakelkode | 049 |
Geskiedenis
Murraysburg het as 'n NG-Kerkgemeente ontstaan in 1855, op die plaas Eenzaamheid van 7 000 ha wat van J. Burger gekoop is. Die grond is onderverdeel en erwe is op 'n openbare veiling verkoop. Dit het £10 000 opgelewer wat gebruik is om die pastorie en kerk te bou. Die dorp is genoem na ds. Andrew Murray sr. en Barend J. Burger.[2]
Distrik
Die distrik is bekend vir sy produksie van wol en sybokhaar. Soekor het in Junie 1966 begin om olie op land hier te soek. Boorwerk het op die plaas Kareebosch sowat 40 km vanaf Murraysburg begin. Dit was egter vrugteloos.
Noemenswaardige boorlinge
- Dr. Hendrik Petrus van der Merwe, 'n leier in die Kaapse Kerk.
- Ds. Santie Sandenbergh, dekades lank 'n NG predikant.
Bron
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
- "Hoofplek Murraysburg". Sensus 2011.
- Dictionary of Southern African Place names. URL besoek op 26 Julie 2013.
Eksterne skakels
- Inligting oor Murraysburg[dooie skakel]
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.