Muqatta'at

Die geheimsinnige letters of allegoriese letters (Arabies: حُرُوف مُقَطَّعَات, ḥurūf muqaṭṭa'āt, "losgemaakte letters") is kombinasies van tussen een en vyf Arabiese letters waarmee 29 van die 114 hoofstukke (soeras) van die Koran begin ná die Islamitiese Basmala-frase.[1] Dit is ook bekend as "openingsletters" (فَوَاتِح, fawātiḥ), omdat hulle die openingsvers van hulle onderskeie soeras is.[2]

Die helfte van die Arabiese letters (14 van 28) word as allegoriese letters gebruik, soms alleen en soms saam met een, twee, drie of vier ander. Dié letters is: Alief, Gaa, Raa, Sien, Sôd, Tô, Ein, Kaaf, Kôf, Laam, Miem, Noen, Haa, Jaa). Tipiese kombinasies is byvoorbeeld Alief, Laam, Miem aan die begin van hoofstuk 2, 3, 29, 30, 31 en 32, of Alief, Laam, Raa aan die begin van hoofstuk 10, 11, 12, 14 en 15. Vier hoofstukke is na hulle muqatta'āt genoem: Ta-Ha, Yasin, Sad en Kaf; in Afrikaans ook 'n vyfde, Gaa-Miem[3] (Fussalat).

Die oorspronklike betekenis van die letters is onbekend. Volgens teksverklarings van die Koran is hulle afkortings van óf name of eienskappe van God of van die name of inhoud van die onderskeie hoofstukke. Moslems glo oor die algemeen die betekenis is net aan God bekend.

Lys

Muqatta'at kom voor in soera 2-3, 7, 10-15, 19-20, 26-32, 36, 38, 40-46, 50 en 68. Verskeie letters word aaneengeskryf asof hulle een woord is, maar elke letter word apart uitgespreek.

Soera Muqatta'āt
Al-BakarahAlief Laam Miem الم
Ali ImranAlief Laam Miem الم
Al-A'rafAlief, Laam, Miem, Sôd المص
YunusAlief Laam Miem الر
HudAlief, Laam, Raa الر
YusufAlief, Laam, Raa الر
Ar-Ra'dAlief, Laam, Miem, Raa. المر
IbrahimAlief, Laam, Raa الر
Al-HidjrAlief, Laam, Raa الر
MaryamKaaf, Haa, Jaa, Ein, Sôd كهيعص
Ta-HaTô-haa طه
Ash-Shu'araTô, Sien, Miem طسم
An-NamlTô, Sien طس
Al-KasasTô, Sien, Miem طسم
Al-AnkabutAlief, Laam, Miem الم
Ar-RumAlief, Laam, Miem الم
LukmanAlief, Laam, Miem الم
As-SajdahAlief, Laam, Miem الم
YasinJaasien يس
SadSôd ص
GhafirGaa Miem حم
FussilatGaa Miem حم
Ash-ShuraGaa Miem; Ein-Sien-Kôf حم عسق
Az-ZurhrufGaa Miem حم
Ad-DurhanGaa Miem حم
Al-JathiyahGaa Miem حم
Al-AhkafGaa Miem حم
KafKôf ق
Al-KalamNoen ن

Voorkoms

In al die gevalle buiten drie word dié letters feitlik onmiddellik gevolg deur 'n openbaring (die uitsonderings is die soerat al-Ankabut, ar-Rum en al-Kalam). Sommige geleerdes reken selfs dié hoofstukke hoort by die ander, omdat die openbaring later in die soera voorkom. In agt gevalle begin die daaropvolgende verse met "Dit is die verse...", in vyf gevalle met "Die openbaring..."; in nog drie met "By die Qur'an..."; en in nog twee "By die Boek..."

Verder is al die hoofstukke buiten drie Mekkaanse soeras (die uitsonderings is die soerat al-Bakarah, Ali Imran en ar-Ra'd.)

Verwysings

  1. Massey, Keith. Jane Dammen McAuliffe (red.). Mysterious Letters. p. 242. doi:10.1163/1875-3922_q3_EQCOM_00128. {{cite encyclopedia}}: |journal= ignored (hulp)
  2. "Fawātiḥ | Islam". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 20 Februarie 2021.
  3. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die [[::Muqattaʿat| Wikipedia]] vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.