Munster Rugby

Munster Rugby ((ga) Rugbaí Mumhan) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Munster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Munster.

Munster
Unie Ierse Rugbyvoetbalunie
Bynaam(e) Die Rooi Leër
Embleem Takbok
Stigting 1879
Stadion Thomond Park, Limerick
Musgrave Park, Cork
Kapasiteit 25 600
9 500
Afrigter(s) Vlag van Ierland Peter Malone
Kaptein(s) Peter O’Mahony
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 4de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 268 Donncha O’Callaghan
Meeste punte 2 625 Ronan O’Gara
Meeste drieë 53 Simon Zebo
Amptelike webwerf
www.munsterrugby.ie

Munster se tuiswedstryde word op Thomond Park in Limerick en Irish Independent Park in Cork gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 25 600 en 9 500 toeskouers. Die span se leuse is “Niks is onmoontlik vir die dapper en getroues nie”. Dit is afgelei van die leuse van die MacCarth-clan van Ierland se leuse – “Forti et Fideli nihil difficile”.

Geskiedenis

Stigting en vroeë jare

Munster is amptelik in 1879, op dieselfde tyd as Leinster en Ulster gestig, met Connacht wat tien jaar later, in 1889, gestig is. Die eerste interprovinsiale wedstryde tussen Leinster, Ulster en Munster is egter reeds in 1875 gehou. Die stigting van die Munstertak van die IRVU was bedoel om toesig te hou oor die spel in die provinsie dit te organiseer, en om enige klubvooroordeel te voorkom deur neutrale kiesers vir die verteenwoordigende span te verskaf. In die amateurera het die vier Ierse provinsies om die Ierse Interprovinsiale Kampioenskap meegeding en teen internasionale toerspanne gespeel.

Munster het tradisioneel sterk spelers vanuit die klubs in Limerick, waar die spel gewild was en oor alle ouderdomsvlakke gespeel is, gekry. Spanne soos Shannon, Garryowen en Jong Munster het vurige wedywering met mekaar gehandhaaf en sodoende gehelp om die standaard in die provinsie te lig.[1][2]

Kleure en wapen

Die vlag van die Provinsie van Munster

Die Drie Krone-vlag van Munster sinspeel op die drie samestellende historiese koninkryke van Munster; Thomond in die noorde. Desmond in die suide en Ormond in die ooste. ’n Opgeknapte logo met die toevoeging van ’n takbok by die drie krone, is vir die 2003-’04-seisoen bekendgestel.[3] Die nuwe wapen is deur Designer’s Ink, ’n grafiese-ontwerp- en handelsmerkagentskap in Limerick, ontwerp, die die firma het ’n Goue Toekenning in die Ierse Ontwerpeffektiwiteitstoekennings vir die handelsmerk en implementering van Munster Rugby ontvang.[4] Die wapen is ontwerp om die drie krone te behou en die nuwe rooi takbok stel krag en mededingendheid voor.[3] Die besluit vir die verandering was die gevolg van twee jaar se beplanning, navorsing en ontwerp.[3]

Tuisveld

Thomond Park

Munster speel hul tuiswedstryde op twee stadions – Thomond Park in Limerick en Irish Independent Park in Cork. Thomond Park is die grootste met sitplek vir nagenoeg 25 600 toeskouers en 9 500 mense kan op Irish Independent Park sit. Naas Munster speel Shannon RVK en UL Bohemians RVK ook hul tuiswedstryde op Thomond Park. Thomond Park is bekend vir sy atmosfeer en unieke geskiedenis[5] – die geraas gedurende spel en die algehele stilte wanneer ’n speler (tuis of weg) aanlê om te skop. Dit was ook bekend vir Munster se intimiderende rekord van meer as ’n dekade – hulle was gedurende die Heinekenbeker onoorwonne op hul tuisveld. Hierdie rekord is egter gedurende die 2006-’07-seisoen ongedaan gemaak toe hulle teen Leicester Tigers verloor het.[6] Munster oefen by die Universiteit van Limerick.

Thomond Park is in 1999 opgeknap en in 2006 het Munster verdere opknappingsplanne aangekondig. Die nuwe stadion met plek vir 25 600 is in 2008 geopen. Twee veerboë en die oploopvlak van die Oostelike Paviljoen is van die unieke kenmerke van die stadion.[7] Die nuwe stadionontwerp is gunstig ontvang en het die Openbare Keuse-toekenning vir 2009 van die Ierse Argitektuurstigting ontvang.[8] Daar was lang besprekings oor ’n moontlike nuwe naam vir die stadion, maar uiteindelik is besluit dat “Thomond Park” behoue sal bly.[9]

Seisoenbepalings

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2001-’02 1ste (Poel B) 6501015Verloor in eindstryd teen Leinster
2002-’03 1ste (Poel A) 7601428Wen in eindrondte teen Neath
2003-’04 7de 22100121151
2004-’05 2de 201514769
2005-’06 3de 2012081066
2006-’07 6de 201208654
2007-’08 3de 181017648
2008-’09 1ste 181404863Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte.
2009-’10 4de 18909945Verloor in halfeindrondte teen Leinster
2010-’11 1ste 221903783Wen in eindrondte teen Leinster
2011-’12 3de 221417967Verloor in halfeindrondte teen Ospreys
2012-’13 6de 2211110854
2013-’14 3de 2216061074Verloor in halfeindrondte teen Glasgow Warriors
2014-’15 2de 2215251175Verloor in eindrondte teen Glasgow Warriors
2015-’16 6de 2213091163
2016-’17 1ste 2219031086Verloor in eindrondte teen Scarlets
2017-’18 4de 2113171569Verloor in halfeindrondte teen Leinster
2018-’19 2de 2116051377Verloor in halfeindrondte teen Leinster

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
1995-’96 Poel 4 2de 21012
1996-’97 Poel 4 4de 42024
1997-’98 Poel 4 4de 62044
1998-’99 Poel 2 2de 64119Verloor in kwarteindrondte teen Colomiers
1999-’00 Poel 4 1ste 650110Verloor in eindrondte teen Northampton
2000-’01 Poel 4 1ste 650110Verloor in halfeindrondte teen Stade Français
2001-’02 Poel 4 2de 650110Verloor in eindrondte teen Leicester
2002-’03 Poel 2 2de 64028Verloor in halfeindrondte teen Toulouse
2003-’04 Poel 5 1ste 6501424Verloor in halfeindrondte teen Wasps
2004-’05 Poel 4 1ste 6501222Verloor in kwarteindrondte teen Biarritz
2005-’06 Poel 1 1ste 6501323Wen in eindrondte teen Biarritz
2006-’07 Poel 4 2de 6501323Verloor in kwarteindrondte teen Scarlets
2007-’08 Poel 5 1ste 6402319Wen in eindrondte teen Toulouse
2008-’09 Poel 1 1ste 6501323Verloor in halfeindrondte teen Leinster
2009-’10 Poel 1 1ste 6501424Verloor in halfeindrondte teen Biarritz
2010-’11 Poel 3 2de 6303416
2011-’12 Poel 1 1ste 6600125Verloor in kwarteindrondte teen Ulster
2012-’13 Poel 1 2de 6402420Verloor in halfeindrondte teen Clermont
2013-’14 Poel 6 1ste 6501323Verloor in halfeindrondte teen Toulon
2014-’15 Poel 1 3de 6303315
2015-’16 Poel 4 3de 6303315
2016-’17 Poel 1 1ste 6501424Verloor in halfeindrondte teen Saracens

Europese Rugbyuitdaagbeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2010-’11 Verloor in eindrondte teen Harlequins

Huidige span

Munster se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

  • Stephen Archer
  • James Cronin
  • David Kilcoyne
  • John Ryan
  • Brian Scott

Hakers

  • Duncan Casey
  • Vlag van Nieu-Seeland Rhys Marshall
  • Kevin O’Byrne
  • Vlag van Engeland Ciaran Parker
  • Niall Scannell
  • Mike Sherry

Slotte

  • Vlag van Suid-Afrika Gerbrandt Grobler
  • Billy Holland
  • Vlag van Suid-Afrika Jean Kleyn
  • Sean McCarthy
  • Darren O’Shea
 

Losvoorspelers

  • Vlag van Suid-Afrika Chris Cloete
  • Robin Copeland
  • Dave O’Callaghan
  • Tommy O’Donnell
  • Jack O’Donoghue
  • Conor Oliver
  • Peter O’Mahoney
  • CJ Stander

Skrumskakels

  • James Hart
  • Conor Murray
  • Duncan Williams

Losskakels

  • Vlag van Nieu-Seeland Tyler Bleyendaal
  • JJ Hanrahan
  • Bill Johnston
  • Ian Keatley
 

Senters

  • Sam Arnold
  • Chris Farrell
  • Dan Goggin
  • David Johnston
  • Rory Scannell
  • Vlag van Suid-Afrika Jaco Taute

Vleuels

  • Andrew Conway
  • Keith Earls
  • Ronan O’Mahony
  • Darren Sweetnam
  • Alex Wootton

Heelagters

  • Stephen Fitzgerald
  • Simon Zebo

Eksterne skakel

Verwysings

  1. (en) Limerick Rugby Vol Helde[dooie skakel], The Daily Telegraph, 24 Mei 2002. Besoek op 8 Maart 2011.
  2. (en) Limerick gereed om legendes te maak[dooie skakel], The Independent, 27 Mei 2000. Besoek op 8 Maart 2011.
  3. (en) Simon Lewis (3 Julie 2003). "Nuwe Munster-drag en logo om omset te bewaar, nie ondersteuners uit te buit". Irish Examiner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2007. Besoek op 13 Maart 2007.
  4. Designers Ink (1 Julie 2003). "Munster wapen- en handelsmerkimplementering deur Designers Ink" (in Engels). Designer's Ink. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Junie 2016.
  5. (en) "Details vir Thomond Park, Limerick". Worldstadia.com. Besoek op 13 Maart 2007.
  6. "Tigers storm Thomond Park" (in Engels). European Rugby Cup. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op 13 Maart 2007.
  7. (en) "Munster beplan om in Maart te begin met werk". Thomond Park. Besoek op 13 Maart 2007. [dooie skakel]
  8. (en) Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine
  9. "Thomond hou sy naam" (in Engels). Ireland.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2012. Besoek op 15 Junie 2008.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.