Muiskleurwindswael
Die muiskleurwindswael (Apus bradfieldi) is 'n gelokaliseerde, algemene, amper-endemiese standvoël en nomade. In Engels staan die voël as die Bradfield's swift bekend.
Muiskleurwindswael | |
---|---|
Muiskleurwindswael in die Noord-Kaap, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. bradfieldi |
Binomiale naam | |
Apus bradfieldi (Roberts, 1926) | |
Voorkoms
Die voël is 17 cm lank en 33 – 50 g groot. Die voël is grys- of warm bruin met 'n geskubde borskant. Dit is gewoonlik ligter van kleur as die Europese windswael of die swartwindswael. Die hoof- en byslagvere is eenvormig terwyl die slagvere donkerder as die lyf is.
Verspreiding
Daar is twee subspesies:[2]
- A. b. bradfieldi (Suidwes-Angola en Namibië)
- A. b. deserticola (die noorde van Suid-Afrika)
Die muiskleurwindswael is in beide hierdie streke 'n standvoël.
Status
Die muiskleurwindswael het 'n wye verspreidingsgebied en is daarom nie kwetsbaar (vir uitsterwing) nie. Die grootte van die bevolking is nie gekwantifiseer nie, maar daar is geen rede om te glo dat die spesie se getalle kwyn nie. Vir die rede word dit deur die IUBN-rooilys as 'n veilige spesie geklassifiseer.[1]
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Apus bradfieldi. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Apus bradfieldi". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - (en) F. Gill, M. Wright D. & Donsker (2013) – IOC World Bird Names (weergawe 3.3)