Muden

Muden is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die Mooirivier en is 38 km oos van Weenen. Die dorpie is gestig deur eerwaarde Heinrich Rottcher wat in 1862 in Suid-Afrika aangekom het. Hy het die sendingstasie na sy geboortedorp Mueden in Duitsland vernoem.[2]

Muden
Muden is in KwaZulu-Natal
Muden
Muden
 Muden se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°58′0″S 30°23′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikuMzinyathi
MunisipaliteituMvoti
Oppervlak
  Totaal52,00 km2 (20,08 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal5 308
  Digtheid102/km2 (260/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.9%
  Indiërs/Asiërs0.1%
  Bruin mense0.4%
  Swart mense98.6%
Taal (2011)
  Zoeloe 96.2%
  Engels 1.3%
  Ander 2.5%
Skakelkode033

Distrik

Daar is 'n besproeiingskema in die omgewing en groot sitrusboorde is aangelê. Muden is die verste plek oos waar Boesmantekeninge gevind is.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.

Verwysings

  1. "Hoofplek Muden". Sensus 2011.
  2. Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 322. Besoek op 28 Augustus 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.