Mozilla Firefox
Mozilla Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.
Mozilla Firefox | |
![]() | |
![]() | |
Firefox 57 op Windows 10 | |
Ontwikkelaar | Mozilla-stigting/Mozilla Corporation |
---|---|
Nuutste weergawe | 124.0.1[1] ![]() |
Nuutste betaweergawe | 125.0b4[2] ![]() |
Programmeertaal | C++, JavaScript, C, Rust |
Bedryfstelsel | Windows, OS X, Linux |
Beskikbaar in | Afrikaans en baie andere tale |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | MOL, MOL/GPL/LGPL trilisensie |
Webblad | www![]() |
Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla-suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla-suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.
Ondersteuning van Afrikaans
Die Mozilla-stigting het op 31 Mei 2007 aangekondig dat die Firefox-blaaier vir die eerste keer ook in Afrikaans beskikbaar is. Die blaaier word deur translate.org.za vir Afrikaanssprekendes gelokaliseer.
Die voordeel van so 'n blaaier is dat die koppelvlak in Afrikaans is, maar ook dat die taalvoorkeur outomaties na Afrikaans gestel is. Webtuistes wat in Afrikaans beskikbaar is, soos Google, Facebook en andere, sal dus outomaties in Afrikaans laai.
'n Afrikaanse speltoetser is ook beskikbaar wat spelfoute kan uitwys soos mens in teksareas tik.
Verwysings
- "Firefox 124.0.1, See All New Features, Updates and Fixes" (in Engels). 22 Maart 2024. Besoek op 25 Maart 2024.
- "Index of /pub/firefox/releases/125.0b4/" (in Engels). 25 Maart 2024. Besoek op 25 Maart 2024.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mozilla Firefox. |
- Afrikaanse weergawe van Firefox
- Afrikaanse speltoetser vir gebruik in Firefox
- Firefox Help — Aanlyn hulp vir Firefox