Mount Cook
Mount Cook (Māori: Aoraki) is met 'n hoogte van 3 724 meter die hoogste berg van Nieu-Seeland.[2] Die berg is op die Suideiland in die Nieu-Seelandse Alpe geleë.
![](../I/Aoraki_Mount_Cook.JPG.webp)
Aoraki / Mount Cook | |
---|---|
![]() | |
Ligging | Suideiland, Nieu-Seeland |
Hoogte | 3 724[1] meter bo seevlak |
Reeks | Nieu-Seelandse Alpe |
Koördinate | 43°35′42″S 170°8′30″O |
Eerste bestyging | 1894 |
Eerste bestyger(s) | Tom Fyfe George Graham Jack Clarke |
![]() ![]() Aoraki / Mount Cook |
Mount Cook is op 13 Desember 1642 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek.[3] In 1851 is die berg deur die Britse offisier John Lort Stokes ná die Britse ontdekkingsreisiger James Cook genoem; Cook het die eilande van Nieu-Seeland vir die eerste keer omseil.[4] In 1998 is die amptelike naam na Aoraki / Mount Cook verander om die historiese Māorinaam Aoraki te inkorporeer.[5]
Aoraki is die naam van 'n persoon in die tradisies van die Ngāi Tahu iwi; 'n vroeë benaming vir die Suideiland is Te Waka o Aoraki ("Aoraki se kanoe"). In die verlede het baie geglo dit beteken "wolkdeursteker",[6] 'n romantiese weergawe van die naam se komponente: ao (wêreld, bedags, wolk, ens.) en raki of rangi (dag, hemel, weer, ens.).[7] Histories is die Māorinaam Aorangi gespel en het die die gestandaardiseerde Māorivorm gebruik.
Verwysings
- (en) "Mount Cook, New Zealand". Peakbagger.com. Besoek op 29 April 2019.
- "Aoraki/Mt Cook shrinks by 30m". Stuff.co.nz (in Engels). 29 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019.
- John Wilson (21 Desember 2006). "European discovery of New Zealand – Abel Tasman – Te Ara Encyclopedia of New Zealand" (in Engels). Ministry for Culture and Heritage / Te Manatū Taonga. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 29 April 2019.
- James Cook (1728–1779). "Captain Cook's Journal During the First Voyage Round the World" (in Engels). pp. Sondag, 18 Maart 1770. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020. Besoek op 29 April 2019.
- Graham, Doug (13 Oktober 1998). "Ngai Tahu Settlement Section 3: Aoraki/Mount Cook" (in Engels). New Zealand Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019. Besoek op 29 April 2019.
- Te Maire Tau (21 Desember 2006). "Ngāi Tahu – Aoraki – Te Ara: The Encyclopedia of New Zealand" (in Engels). Departement van Kultuur en erfenis / Te Manatū Taonga. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2019. Besoek op 28 April 2019.
- "Māori Dictionary Online" (in Engels). Maoridictionary.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 28 April 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mount Cook.
- (en) "Mount Cook". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2019.