Moskee van die Twee Kieblas
Al-Masdjid al-Kiblatain (Arabies: المسجد القبلتین), of die Moskee van die Twee Kieblas, is ’n moskee in Medina, Saoedi-Arabië, wat histories belangrik in die Islam is omdat die profeet Mohammed die rigting van gebed (kiebla) in dié moskee van Jerusalem na Mekka verander het. Dit het daarna twee mihrabs (nisse wat die kiebla aandui) gehad. In onlangse tye is die moskee gerestoureer en die ou mihrab wat in die rigting van Jerusalem wys, is verwyder.
Al-Masdjid al-Kiblatain | ||
Die hoofingang van die Masdjid al-Kiblatain. | ||
Ligging | Medina, Saoedi-Arabië | |
Voltooi | 623 n.C. | |
Status | Aktief | |
Spesifikasies | ||
Minaret(te) | 2 | |
Koepel(s) | 1 | |
Kapasiteit | 2 000 |
Die Kiblatain-moskee is een van die drie oudste moskees ter wêreld. Baie pelgrims wat die hadj voltooi het, besoek dit vanweë sy historiese belang.
Koran
Aanhalings uit die Koran oor die verandering van die kiebla:
Waarlik, Ons sien u het die aangesig na die hemel gewend, daarom sal Ons u sekerlik aanstel as meester van watter Kiebla u ook mag geval; wend dan u aangesig na die Heilige Moskee. En waar julle ook al mag wees, wend julle aangesig daarheen. En hulle aan wie die Boek gegee is, weet waarlik dat dit die waarheid van hul Heer is. En Allah is nie onbewus van wat hulle doen nie.[1] |
Die dwase onder die volk sal sê: Wat het hul laat wegdraai van die Kiebla wat hul vroeër gehad het? Sê: Slegs aan Allah behoort die Ooste en die Weste; Hy lei op die regte weg wie Hy wil...[2] |
Verwysings
- Koran 17:144
- Koran 17:142
Eksterne skakels
- Beskrywing by Archnet.com Geargiveer 7 Januarie 2009 op Wayback Machine met planne en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Moskee van die Twee Kieblas.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.