Moses Mabhidastadion

Die Moses Mabhidastadion is 'n stadion in Durban, Suid-Afrika, wat na Moses Mabhida, 'n voormalige sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, genoem is. Dit is deur die multinasionale Amerikaanse ingenieursonderneming AECOM ontwerp.[1]

Moses Mabhidastadion
Die Moses Mabhida-stadion in 2014

Ligging Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Koördinate 29°49′44″S 31°01′49″O
Eienaar eThekwini (Durban Metropolitaanse UniCity)
Kapasiteit 54 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 2006
Geopen 28 November 2009
Boukoste R3,4 miljard
($450 miljoen)
Argitek Gerkan, Marg and Partners Theunissen Jankowitz Durban, Ambro-Afrique Consultants, Osmond Lange Architects & Planners, NSM Designs, Mthulisi Msimang
Huurders
AmaZulu FC
Proteas
Statebondspele 2022

Dit was een van die gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het tydens die Sokker-Wêreldbeker 'n kapasiteit van 62 760 gehad.[2] Die stadion is aangrensend aan die Kings Park-stadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut, en 'n treinstasie.

Fotogalery

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 201020:30Vlag van Duitsland Duitsland4–0Vlag van Australië AustraliëGroep D62 660
16 Junie 201016:00Vlag van Spanje Spanje0–1Vlag van Switserland SwitserlandGroep H62 453
19 Junie 201013:30Vlag van Nederland Nederland1–0Vlag van Japan JapanGroep E62 010
22 Junie 201020:30Vlag van Nigerië Nigerië2–2Vlag van Suid-Korea Suid-KoreaGroep B61 874
25 Junie 201016:00Vlag van Brasilië Brasilië0–0Vlag van Portugal PortugalGroep G62 712
28 Junie 201016:00Vlag van Nederland Nederland2–1Vlag van Slowakye SlowakyeAgtste eindrondte61 962
7 Julie 201020:30Vlag van Duitsland Duitsland0–1Vlag van Spanje SpanjeHalfeindronde60 960

Afrikanasiesbeker 2013

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
23 Januarie 2013Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika2–0Vlag van Angola AngolaGroep A50 000
23 Januarie 2013Vlag van Kaap Verde Kaap Verde1–1Vlag van Marokko MarokkoGroep A25 000
27 Januarie 2013Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika2–2Vlag van Marokko MarokkoGroep A45 000
28 Januarie 2013Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo DR Kongo1–1Vlag van Mali MaliGroep B8 000
2 Februarie 2013Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika1–1 (1–3 n.S.)Vlag van Mali MaliKwarteindronde45 000
6 Februarie 2013Vlag van Mali Mali1–4Vlag van Nigerië NigeriëHalfeindronde54 000

Krieket

'n Buiteaansig van die Moses Mabhidastadion in 2016
Span (A)Span (B)WennerTellingJaarToeskouers
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaVlag van Indië IndiëVlag van Indië IndiëMet 21 lopies201169 000

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.