Mosambiekse spoegkobra
Die Mosambiekse spoegkobra (Naja mossambica) is 'n giftige kobraslang tuis in Afrika. Dit word algemeen aangetref in Angola, Botswana, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom dit in Mpumalanga, Noordwes, Gauteng, Limpopo en KwaZulu-Natal voor.
Mosambiekse spoegkobra | |
---|---|
![]() | |
In die Krugerwildtuin, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Naja |
Spesie: | N. mossambica |
Binomiale naam | |
Naja mossambica Peters, 1854 | |
![]() | |
verspreiding | |
Sinonieme | |
Naja nigricollis mossambica Peters, 1854 |
Taksonomie
Die Duitse natuurkundige Wilhelm Peters het die spesie in 1854 beskryf.
Voorkoms
Die slang se kleur is ligbruin of liggrys. Elke skub is donker omlyn. Die buik is pienk of geel met donker kruisstroke en daar is kolle op die keel. Die slang word 1 - 1,5 m lank.
Gif
Die slang se gif is sitotoksies, m.a.w. weefselvernietigend, en is nie lewensgevaarlik nie. Onmiddellike behandeling is nodig anders vind weefselverlies plaas wat veloorplantings kan noodsaak. Die Mosambiekse spoegkobra kan sy gif tot 2 meter ver en baie akkuraat spoeg. Die gif moet dadelik uit die oë gewas word. 'n Teengif is beskikbaar.
Sien ook
Bron
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mosambiekse spoegkobra.