Morné du Plessis

Morné du Plessis OIS (21 Oktober 1949, Vereeniging - ) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en -kaptein. Hy is een van Suid-Afrika se bekendste rugbyspelers; op én van die veld. Hy was Suid-Afrika se ses-en-dertigste Springbokkaptein.

Morné du Plessis Rugbyportaal
Volle naam Morné du Plessis
Geboortedatum 21 Oktober 1949 (1949-10-21)
Geboorteplek Vereeniging, Suid-Afrika
Lengte 1,95 m
Skool Grey-kollege
Universiteit Stellenbosch
Vername familie Felix du Plessis (vader)
Kinders 3
Beroep Sportgoedere-sakeman
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Agsteman
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Stellenbosch, Villagers
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Westelike Provinsie
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1971–1980 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 22 (12)

Agtergrond

Sy pa, Felix du Plessis, was ook 'n Springbokspeler én -kaptein terwyl sy ma, Pat du Plessis, 'n Springbok-hokkiespeler en -kapteine was. Twee van haar broers het Suid-Afrika in sokker verteenwoordig. Morné het ook uitgeblink op die krieketveld. Hy het die Suid-Afrikaanse skolekrieketspan gehaal, maar kon nooit die Cravenweekspan vir rugby haal nie. Hy was in Grey-kollege op hoërskool en het daarna by Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Hy het ook in 1974 en 1975 as snelbouler vir die Westelike Provinsie se krieketspan gespeel.

Rugbyloopbaan

Universiteit Stellenbosch se Wilgenhof koshuis, waar Morné du Plessis loseer het

Hy was kaptein van Westelike Provinsie se onder-20-span, eers as slot en later as agsteman. Hy was twintig jaar oud toe hy in 1970 die eerste keer vir Westelike Provinsie uitgedraf het en het 112 wedstryde vir hulle gespeel – 103 as kaptein. Morné was 21 jaar oud toe hy in 1970 die eerste keer vir die Springbokspan gekies is vir die toer na Australië. Hy het in drie toetse gespeel op die toer. In 1974 speel hy in slegs twee toetse teen die Britse Leeus tuis en twee toetse teen die Franse in Frankryk.

In 1975 was hy die eerste keer Springbokkaptein teen die Franse in Suid-Afrika, 'n posisie wat hy behou het tot sy uittrede in 1980. In 1976 wen die Springbokke die toetsreeks 3-1 teen die All Blacks in Suid-Afrika en in 1980 maak hulle weer so teen die Britse Leeus in Suid-Afrika. Hy lei ook die Springbokke tot oorwinning oor die 1977 Wêreldvyftiental en in 1980 oor die Jaguars (die vermomde Argentynse span) deur albei toetse te wen.

Morné was ook deel van die bestuurspan van die suksesvolle Wêreldbekerwenspan van 1995.

Omstrede voorvalle

Daar was twee voorvalle wat die Suid-Afrikaanse rugbypubliek nie sommer sal vergeet van Morné nie: in 1975 tydens die proewe slaan hy Kleintjie Grobler met die vuis dat dié met 'n draagbaar van die veld af is. Dié dag het Morné 'n sogenaamde "meanie" geraak. Na die voorval land Morné in Kaapstad en word buite die lughawegebou begroet deur 'n ondersteuner met die woorde: Let me shake the hand that shook the world.

Die Noord-Transvaalse rugbyondersteuners sal nooit die 1977-voorval op Loftus Versfeld vergeet waar hy hul gunsteling, Naas Botha, hard geduik het nie. Naas moes die veld verlaat.

Morné is baie dinge genoem in sy loopbaan, onder andere 'windskermveër' deur die Franse, 'moffie' en 'maureen' deur die Transvaalse rugbypubliek en 'skruminspekteur' deur die res van die land.

Morné word deur die hele rugbywêreld gerespekteer.

Statistiek

Morné het in 22 toetse gespeel, 15 keer as kaptein, en in dié 15 wedstryde het sy span 43 drieë gedruk waarvan hy self drie gedruk het.

OpponenteResultatePosisieDrieëDatumPlek
Vlag van Australië Australië19 – 11Agsteman17 Julie 1971Sydney-krieketveld, Sydney
Vlag van Australië Australië14 – 6Agsteman31 Julie 1971Brisbane Exhibition Ground, Brisbane
Vlag van Australië Australië18 – 6Agsteman7 Augustus 1971Sydney-krieketveld, Sydney
Britse en Ierse Leeus3 – 12Agsteman8 Junie 1974Nuwelandstadion, Kaapstad
Britse en Ierse Leeus9 – 28Flank22 Junie 1974Loftus Versfeld, Pretoria
Vlag van Frankryk Frankryk13 – 4Agsteman23 November 1974Stade Municipal, Toulouse
Vlag van Frankryk Frankryk10 – 8Agsteman30 November 1974Parc des Princes, Parys
Vlag van Frankryk Frankryk38 – 25Agsteman21 Junie 1975Vrystaatstadion, Bloemfontein
Vlag van Frankryk Frankryk33 – 18Agsteman128 Junie 1975Loftus Versfeld, Pretoria
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland16 – 7Agsteman24 Julie 1976Kings Park-stadion, Durban
Vlag van Frankryk Frankryk9 – 15Agsteman14 Augustus 1976Vrystaatstadion, Bloemfontein
Vlag van Frankryk Frankryk15 – 10Agsteman4 September 1976Nuwelandstadion, Kaapstad
Vlag van Frankryk Frankryk15 – 14Agsteman18 September 1976Ellispark-stadion, Johannesburg
Wêreld XV45 – 24Agsteman27 Augustus 1977Loftus Versfeld, Pretoria
Suid-Amerika24 – 9Agsteman26 April 1980Wanderersstadion, Johannesburg
Suid-Amerika18 – 9Agsteman13 Mei 1980Kings Park-stadion, Durban
Britse en Ierse Leeus26 – 22Agsteman31 Mei 1980Nuwelandstadion, Kaapstad
Britse en Ierse Leeus26 – 19Agsteman14 Junie 1980Vrystaatstadion, Bloemfontein
Britse en Ierse Leeus12 – 10Agsteman28 Junie 1980Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Britse en Ierse Leeus13 – 17Agsteman12 Julie 1980Loftus Versfeld, Pretoria
Suid-Amerika30 – 16Agsteman125 Oktober 1980Prince of Wales Cricket Club, Santiago
Vlag van Frankryk Frankryk37 – 15Agsteman8 November 1980Loftus Versfeld, Pretoria

Bron

  • 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Piet Greyling
Springbokkaptein
1975–1980
Opgevolg deur
Theuns Stofberg
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.