Mordowië

Die Republiek van Mordowië (Russies: Респу́блика Мордо́вия, Respoeblika Mordowija; Moksja/Erzia: Мордовия Республикась) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland.

Republiek van Mordowië
Мордовия Республикась
Die ligging van Mordowië in Rusland.
Die ligging van Mordowië in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikWolga
Ekonomiese streekWolga-Wjatka
Stigting10 Januarie 1930
Regering
HoofstadSaransk
LeierWladimir Wolkof
AmpPresident
WetgewerStaatsraad
Bevolking
Sensus2010
Totaal834 755
Volgorde60ste
Digtheid31,86/km²
Stedelik60,4%
Plattelands39,6%
Statistiek
Oppervlakte26 200 km²
Volgorde68ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer13, 113
Amptelike taleRussies, Moksja, Erzja
Webtuistehttp://www.e-mordovia.ru/
Wapen en vlag
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Geografie

Die republiek is geleë in die oostelike deel van die Oos-Europese Vlakte van die Russiese Federasie. Die westelike deel lê op die Oka-Don-vlakte en die oostelike en sentrale deel op die Wolga-hoogland.

Die gebied is 26 200 km² groot en grens aan Nizjni Nowgorod-oblast, Tsjoewasjië, Oeljanofsk-oblast, Penza-oblast en Rjazan-oblast. Daar is sowat 114 riviere en 500 mere in Mordowië. Die belangrikste riviere sluit in die Alatir, Issa en Moksja.

Demografie

Volgens die 2002-sensus maak Russe 60,8% van die bevolking uit en etniese Mordwiniërs 31,9%. Die Mordwiniërs is ’n Finse groep wat twee verwante tale, Moksja en Erzia, praat. Ander groepe sluit in Tartare, Oekraïners en talle kleiner groepe.

Geskiedenis

'n Kaart van Mordowië en sy bure.

Die vroegste tekens van menslike lewe in die gebied is uit die Neolitiese Tydperk. Fins-Oegriese Mordwiniërs word genoem in bronne uit die 6de eeu. Later het hulle onder die invloed van Wolga-Bulgarye en Kiëf-Roes gekom.

In die 13de eeu het die Mongole groot dele van Oos-Europa ingeneem en die khanaat van die Goue Horde in 1241 gestig wat Mordowië ingesluit het. Die Goue Horde het in 1430's verbrokkel en sommige Mordwiniërs het burgers van die Khanaat van Kazan geword, terwyl ander by Moskowië geïntegreer is.

Toe Iwan die Verskriklike die Khanaat van Kazan in 1552 verower, het die gebied deel van Rusland geword. Baie Mordwiniërs het gerussifiseer, maar die Mordwiniese kultuur het in landelike gebiede behoue gebly. In die 1700's het hulle die Latynse alfabet gebruik, maar sedert die middel 1800's word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Ná die Russiese Rewolusie van 1917 het Mordowië deel van die Sowjetunie geword en in 1925 is outonome distrikte en dorpsrade in die gebied gestig. Die outonome distrik van die Mordwiniërs is in 1928 gestig. In 1930 het dit die hoër status van outonome gebied gekry en op 20 Desember 1934 is die Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek van Mordowië gestig.

Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 het die Morwiniërs hulself verklaar tot die Republiek van Mordowië en deel van die Russiese Federasie gebly. Dit bestaan in sy huidige vorm sedert 25 Januarie 1994.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Mordovia
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.