Moraea longipes
Moraea longipes is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en die renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van Springbok tot by Citrusdal voor. Die plant word as seldsaam beskou. Subpopulasies by Vanrhynsdorp word bedreig deur gewasverbouing en mynbou aktiwiteite. By Citrusdal is gewasverbouing ook 'n bedreiging.
Moraea longipes | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. longipes |
Binomiale naam | |
Moraea longipes Goldblatt & J.C.Manning, (2009) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.